klagtes

Besoedeling en brande hou gesondheidsrisiko in

Opmerking/vraag: Goeiedag,

Daar word die afgelope tyd gereeld bande en wie weet watse ongesonde materiaal in die nywerheidsgebied gebrand. Dit hou 'n gesondheidsrisiko in vir ons hele gemeenskap, veral swakker inwoners soos kinders en oumense, of diegene met longkwale.

Die brand van lande naby aan dorp veroorsaak ook paar keer per jaar siekte toestande in my gesin en die gemeenskap.

Nota - Volgens nuwe protokol word opmerking/vrae soms deur admin geredigeer om gepas te wees vir hierdie webwerf en om slegs die essensie daarvan weer te gee

Terugvoering

Baie dankie dat u hierdie aangeleentheid onder ons aandag bring.

Ons stem saam dat die verbranding van bande en ander moontlik skadelike materiale 'n gesondheidsrisiko kan inhou en dat dit nie sommer toegelaat behoort te word nie. Sulke voorvalle moet dus aangespreek word. Ons versoek u om dit asseblief so gou moontlik by Orania Veiligheidsdienste (OVD) aan te meld, verkieslik terwyl dit plaasvind, sodat hulle ondersoek kan instel en die nodige stappe kan doen.

Wat die brande op landbougrond betref, verstaan ons dat die rook vir sommige inwoners baie onaangenaam kan wees, veral vir mense wat sensitief daarvoor is of asemhalingsprobleme ondervind.

Dit is egter belangrik om te verstaan dat hierdie brande meestal deel van normale landboubedrywighede uitmaak. NĆ” die oes word die oorblywende plantmateriaal op landerye soms verbrand as deel van die voorbereiding van die grond vir die volgende aanplanting. Die as dra onder meer minerale tot die grond by.

Baie van hierdie brande vind op ons bure se landbougrond plaas, waaroor die Dorpsraad geen seggenskap het nie. Selfs waar dit op Orania se grondgebied plaasvind, probeer ons egter ook die landbouers se behoefte om hierdie praktyk toe te pas, verstaan en beskou ons dit nie eintlik as iets waarmee die Dorpsraad normaalweg behoort in te meng nie.

Ons besef dat die rook soms vir inwoners ongerief veroorsaak, maar dit is ongelukkig een van die nadele wat gepaardgaan met die voorreg om in 'n landelike omgewing te woon, waar landbou 'n belangrike deel van die plaaslike ekonomie uitmaak. Anders as by die verbranding van bande en ander afvalmateriaal, praat ons hier hoofsaaklik van natuurlike plantmateriaal, hoewel die rook daarvan natuurlik ook skadelik kan wees.

Ons waardeer u besorgdheid oor die gemeenskap se gesondheid en hoop dat ons as gemeenskap daarin sal slaag om almal se verskillende behoeftes sover moontlik te akkommodeer, selfs wanneer hierdie behoeftes, soos in hierdie geval, nie heeltemal met mekaar ooreenstem nie.

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.noReviewsLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

148/2026
(Uitgereik op: 16 November, 2026)
Uitvoerende Hoof
147/2026
(Uitgereik op: 9 November, 2026)
Inligting en Skakeling
146/2026
(Uitgereik op: 5 November, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
145/2026
(Uitgereik op: 5 November, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

18
Nov
Wednesday 18 November, 2026
- 18 November, 2026
9:00 am
11
Dec
Friday 11 December, 2026
- 11 December, 2026
12:00 am
16
Dec
25
Dec

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls