opmerkings

Post 2029

Opmerking/vraag: Hoe beplan Orania vir die 2029-onderhandelinge met die nuwe regering? Dit sal waarskynlik ’n DA-, IFP-, ASA-, PA- en VF+-koalisieregering wees. As Orania wil groei, sal hulle moet begin om van hul belastinggeld terug te kry. Kan julle asseblief meer publiek maak wat agter die skerms aangaan en hoe daar gedink word aan die.

Nota - Volgens nuwe protokol word opmerking/vrae soms deur admin geredigeer om gepas te wees vir hierdie webwerf en om slegs die essensie daarvan weer te gee.

Terugvoering

Dankie vir die vraag.

Eerstens is dit belangrik om daarop te wys dat ons natuurlik nie op hierdie stadium weet hoe die nasionale regering nĆ” die 2029-verkiesing saamgestel sal wees nie, so Orania se benadering kan daarom nie afhanklik wees van ’n bepaalde voorspelling oor watter partye dan aan bewind sal wees nie. Ons moet altyd die beste moontlike verhoudings handhaaf met alle politieke-rolspelers, selfs al is dit onwaarskynlik dat 'n spesifieke party noodwendig in die nabye toekoms noemenswaardige invloed gaan hĆŖ.

En om tegnies korrek te wees, moet genoem word dat dit nie die Orania Dorpsraad is wat namens Orania met die regering oor Orania se staatkundige posisie onderhandel nie, maar wel die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR), wat die demokraties verkose verteenwoordigende liggaam van al Orania se inwoners is.

Wat egter belangrik is om te weet, is dat gesprekke met die regering nie eers in 2029 hoef te begin nie – dit vind reeds plaas!

Gedurende Augustus vanjaar het verteenwoordigers van die OVR en Orania se grondinstellings reeds twee hoĆ«vlakvergaderings met ’n regeringsafvaardiging gevoer. Daar is vervolgens gesamentlik besluit om binnekort in kleiner afvaardigings sekere aspekke in meer detail te bespreek (waarskynlik eers na afloop van die opkomende verkiesings in November 2026).

Die belangrike saak wat ter sprake is, is juis groter duidelikheid oor Orania se amptelike status en verhouding met die staat, met inagneming van onder meer die bestaande regsposisie, die hooggeregshof bevel van 2000 en die grondwetlike raamwerk waarbinne Orania funksioneer. Artikel 235 van die Grondwet is uiteraard ook relevant tot die breƫr gesprek oor selfbeskikking.

Die OVR het nĆ” die onlangse gesprekke met die regering reeds amptelik aan inwoners daaroor terugvoer gegee, so OraniĆ«rs is ten volle ingelig van hierdie verwikkelinge. Dit beteken egter nie dat elke gesprek wat tussen Orania se verteenwoordigers en staatsinstellings plaasvind noodwendig altyd intyds en in volle besonderhede openbaar gemaak kan of behoort te word nie. Onderhandelinge van hierdie aard vereis soms, vir beide partye, vertroulikheid en versigtige tydsberekening. Indien daar dus in die toekoms wel gesprekke ā€œagter die skermsā€ sou plaasvind, sou daar waarskynlik goeie rede daarvoor wees en sou die bekendmaking daarvan weldeurdag hanteer en die gepaste forum daarvoor gekies word. Die OVR is baie bewus daarvan dat hulle ten einde altyd Orania se mense verteenwoordig en dat die uitgangspunt altyd behoort te wees dat inwoners moet weet wat aangaan wanneer Orania as gemeenskap in gesprek is met andere.

Die belasting- en befondsingsvraag wat jy opper, is ook ’n belangrike een. Orania groei vinnig en moet toenemend self infrastruktuur en dienste befonds wat elders gewoonlik deur die gewone staats- en munisipale bestel gelewer of ondersteun word. Die presiese toekomstige verhouding tussen Orania en die staat ten opsigte van funksies, befondsing en verantwoordelikhede is daarom deel van ’n veel groter gesprek wat nie vooruitgeloop behoort te word voordat daar meer duidelikheid uit die huidige proses ontstaan nie.

Die belangrikste punt is dus waarskynlik dat Orania nie vir 2029 sit en wag nie. Die gesprek oor Orania se toekomstige posisie is reeds aan die gang, en die OVR sal inwoners, soos tot dusver, op gepaste wyse op hoogte hou van enige betekenisvolle ontwikkelinge.

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.noReviewsLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

137/2026
(Uitgereik op: 9 October, 2026)
Ingenieursdiente
136/2026
(Uitgereik op: 9 October, 2026)
Ingenieursdiente
135/2026
(Uitgereik op: 9 October, 2026)
Beplanning en Grondgebruik

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

10
Oct
18
Nov
Wednesday 18 November, 2026
- 18 November, 2026
9:00 am
11
Dec
Friday 11 December, 2026
- 11 December, 2026
12:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls