2025 VellieVoeteFees ten bate van die Forum van Gestremdes in Orania
Gemeenskapsprojekte
Gemeenskapsprojekte
Datum:
9 May, 2025
- 9 February, 2025
Tyd:
4:00 pm
Afdeling:
Algemeen
Kontakpersoon:
Renska Deetlefs
Kontaknommer:
083 557 2236
Bring Saam:
Dra jou plakker!
Kleredrag:
Eie inisiatief kan gebruik word vir versiering en vrolike voorkoms met ‘n veertjie in die hoed of soos verkies. Kaalvoet, tekkies of vellies is welkom.
Teikenmark:
Almal, klein en groot, jonk en minder jonk word hartlik uitgenooi om deel te neem!
Lokaal:
Pretstap vanaf Volkskool na CVO skool.
Dorp:
Orania
Beskrywing
VellieVoeteFees 2025 :
ten bate van die Forum vir Gestremdes in Orania.
Die tema vir 2025 is “SKUD JULLE VERE REG!”
Almal, klein en groot, jonk en minder jonk word hartlik uitgenooi om deel te neem!
Ons nooi jou uit, “Skud jou vere reg” en kom neem deel saam met ons in die 2025 feestelikheid! Elkeen se bydra en deelname is druppeltjies van seën wat ons nader bring aan die Sentrum-droom vir persone wat leef met intellektueel- en verwante gestremdhede – ‘n kwesbare deel van ons gemeenskap.
Koop jou plakker vir Φ10 wat op Vrydag, 9 Mei 2025 met die VellieVoeteFees gedra word.