‘n Gemeenskaps projek deur Orania Helpmekaar. Geskenke word aan elke kind uitgedeel wat vooraf geregistreer het. Hierdie geleentheid is moontlik gemaak deur gemeenskapslede wat reg deur die jaar speelgoed en lekker goed aan Orania Helpmekaar skenk vir die doel van die Kersboom. Gemeenskapslede maak ook die sakke waarin die geskenke gepak word.