Die Volksie Toernooi is ‘n volkseie sporttoernooi wat in 2022 gestig is deur die Gemsbok Sportinstituut om vir Afrikaners ‘n geleentheid te bied om teen mekaar mee te ding in 5-aan-‘n-kant rugby, netbal en hokkie wedstryde. Hierdie toernooi, wat in Orania plaasvind, is propvol unieke reëls wat die spel nie net vir die spelers opwindend maak nie maar ook vir toeskouers aanskoulik is.
Die dag se program sorg ook vir vermaak vir die gesin met stalletjies, kompetisies, ‘n kinder area en gimnastiek vertoning.
Die Volksie Toernooi vind hierdie jaar plaas op die 5de Oktober 2024 by Orania se sportgronde.