143/2026
2 November 2026
Geagte Oraniƫrs,
DIE BELANGRIKHEID VAN ORANIA SE EIE VERKIESING EN ONS STREWE NA SELFSTANDIGHEID
Nota Hierdie kennisgewing vanaf die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) word hier op die Dorpsraad se kanale versprei sodat soveel as moontlik Oraniƫrs daarvan bewus sal wees.
Opsomming : Die bestaan van die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) is ‘n belangrike uitdrukking van die plaaslike onafhanklikheid wat Orania reeds bekom het, asook van die groter vryheidsideaal wat ons nastreef. Die OVR ondersteun die feit dat OraniĆ«rs as ‘n reĆ«l kies om nie aan Suid-Afrikaanse munisipale verkiesings deel te neem nie, maar moedig alle stemgeregtigdes aan om wel op 4 November aan ons eie verkiesing deel te neem.
Orania se strewe na selfbeskikking berus op ‘n eenvoudige, maar besonder belangrike beginsel: Ons wil as Afrikanervolk nie oor ander volke regeer nie, maar ons wil ook nie deur ander volke regeer word nie. Ons wil die verantwoordelikheid vir ons eie toekoms aanvaar en ons eie sake, op ons eie grond, met ons eie arbeid en deur ons eie instellings, bestuur. Waar ons reeds ons eie onafhanklike vermoĆ«ns ontwikkel het om funksies te verrig wat elders deur Suid-Afrikaanse owerhede behartig word (soos byvoorbeeld munisipale dienste), voel die meeste OraniĆ«rs dat dit ons verantwoordelikheid is om eerder ons eie plaaslike strukture en prosesse te ondersteun.
Waarom is die OVR en sy verkiesing belangrik?
Die OVR is Orania se hoogste verkose verteenwoordigende instelling. Benewens sy rol om interne samehang tussen Orania se verskillende federale gebiede en instellings te bevorder en om sake van algemene belang vir alle OraniĆ«rs te behartig, speel die OVR veral ook ‘n uiters belangrike rol om met die Suid-Afrikaanse owerhede oor politieke aangeleenthede en die verdere uitbreiding van ons onafhanklikheid te onderhandel. Hierdie posisie van die OVR spruit grootliks voort uit ‘n Hooggeregshofbevel van 2000, wat diĆ© regte bevestig het. Wanneer ons as OraniĆ«rs aan ons eie verkiesing deelneem, help ons dus om die legitimiteit en verteenwoordigende karakter van hierdie instelling te versterk. Dit is ‘n praktiese manier waarop elke stemgeregtigde inwoner kan help om ons eie politieke toekoms te bou.
Waarom voel die meeste Oraniƫrs dat deelname aan ander munisipaliteite se verkiesings ongewens is?
In die lig van die hofbevel van 2000 en die feit dat Orania reeds grootliks as ‘n onafhanklike dorp funksioneer (wat geen belasting aan Thembelihle betaal of dienste van hulle ontvang nie), kies ons om geen aanspraak op verteenwoordiging in hulle stelsels te maak nie. Dit volg dus logies dat ons ook vrywillig nie aan hulle verkiesings deelneem nie. Meeste OraniĆ«rs voel dat indien ons daaraan sou deelneem, dit eerstens ons aanspraak op onafhanklikheid kan verswak, maar tweedens dat dit ook nie sou strook met ons strewe na selfregering vir almal nie, want dan is ons óf deel daarvan om ander volke te oorheers (as ons kandidate sou wen), óf deel daarvan om deur ander oorheers te word (as ons kandidate sou verloor).
Wat van provinsiale en nasionale verkiesings?
OraniĆ«rs het uiteenlopende menings oor deelname, al dan nie, aan provinsiale en nasionale verkiesings. Die OVR neem nie in hierdie skrywe ‘n standpunt daaroor in nie.
Sommiges voel dat die feit dat ons steeds belasting aan die Suid-Afrikaanse staat moet betaal, beteken dat ons ook aan daardie politieke prosesse behoort deel te neem en die mate van invloed wat ons daar kan uitoefen, ten beste moet benut. Ander voel egter dat dit vir ons, as ‘n klein minderheid teenoor ‘n vyandige meerderheid, ‘n futiele poging is om aan verkiesings deel te neem waarin ons nooit noemenswaardige seggenskap sal kan bekom nie. Hulle voel dat ons eerder ons energie moet aanwend om ‘n selfstandige tuiste vir ons volk ‘n werklikheid te maak, sodat ons vanuit ‘n posisie van groter krag, met ‘n sterk morele aanspraak en met toepaslike plaaslike en internasionale regsbeginsels ter ondersteuning, oor ons vryheid kan onderhandel.
Elke Oraniƫr se stem en verantwoordelikheid
Elke stemgeregtigde Oraniƫr beskik steeds oor die wetlike reg om self te besluit of hy of sy aan Suid-Afrikaanse verkiesings wil deelneem. Hierdie reg word deur die OVR erken en gerespekteer. Ons voel egter dat Oraniƫrs die besondere politieke en strategiese implikasies van hul keuses vir Orania, soos in breƫ trekke hierbo uiteengesit, deeglik behoort te oorweeg.
Met dit wat Orania reeds bereik het in gedagte, moet ons onsself op die sterkste moontlike manier posisioneer vir ons voortgesette strewe na vryheid. ‘n Kragtige manier om dit op politieke vlak te doen, is om aktief aan ons eie instellings en prosesse deel te neem en hulle deur ons betrokkenheid te versterk.
Neem dus asseblief op 4 November aan die OVR-verkiesing deel en stem vir diƩ kandidate wat u voel Orania se belange die beste sal bevorder.
Vriendelike groete,
Riaan Jacobs
Voorsitter: Orania Verteenwoordigende Raad (OVR)
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…