141/2026

HANTERING VAN VULLIS IN ORANIA

Uitgereik op: 29 October 2026
Ingenieursdiente

0

HANTERING VAN VULLIS IN ORANIA

141/2026
29 Oktober 2026
Geagte Oraniƫrs,
HANTERING VAN VULLIS IN ORANIA
Opsomming: Die Dorpsraad doen ’n beroep op inwoners om getrou voort te gaan om herwinbare afval te sorteer en sodoende die lewensduur van Orania se stortingsterrein te help verleng. In hierdie kennisgewing word belangrike riglyne oor afvalsortering, die aflaai van vullis by die stortingsterrein en die verskillende vullisverwyderingsdae weer onder inwoners se aandag gebring.
Orania se stortingsterrein het die afgelope paar jaar geweldig uitgebrei. Ons het ook gevind dat baie herwinbare materiaal op die vullishoop eindig, wat ongewens is omdat dit onder andere die lewensduur van die terrein verkort.
Verskeie pogings is deur die Dorpsraad en die privaatsektor aangewend om herwinbare afval van die vullishoop te verwyder, maar tot dusver sonder veel sukses.
Ons wil daarom graag weer die volgende belangrike punte onder u aandag bring sodat u ons kan help om die terrein doeltreffender te bestuur:
• Ons is baie dankbaar vir die samewerking van inwoners (en besighede) wat herwinbare afval self sorteer. Dit help ons geweldig baie om met beperkte mannekrag steeds ’n suksesvolle stelsel te handhaaf. Verwys asseblief na die onderstaande blad vir meer besonderhede oor wat as herwinbaar gekategoriseer word.
• Inwoners kan die stortingsterrein self besoek om bourommel, kombuisvullis of tuinafval af te laai, maar dan moet dit asseblief vooraf gesorteer wees.
• OAB se vullis word op Maandae (nieherwinbaar) en Donderdae (herwinbaar) deur die Dorpsraad verwyder.
• Vluytjeskraal-Noord (VKN) se vullis word op Dinsdae (nieherwinbaar) en Vrydae (herwinbaar) deur die Dorpsraad verwyder.
• Kambro en die 272 Eienaarsvereniging se vullis word gedeeltelik deur ’n privaat maatskappy (Skipgo) en gedeeltelik deur inwoners self verwyder.

 

Ons bedank graag elke OraniĆ«r wat getrou afval sorteer en sodoende die bestuur van die stortingsterrein vergemaklik. Elkeen lewer ’n reusebydrae om ons afvalvoetspoor so klein moontlik te hou en ons afvalbestuurstelsel so doeltreffend moontlik te bedryf, tot voordeel van onsself en toekomstige geslagte.
Kontak gerus die Dorpskantoor vir enige verdere navrae.
Vriendelike groete,
AndrƩ van Heerden
Hoof: Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

148/2026
(Uitgereik op: 16 November, 2026)
Uitvoerende Hoof
147/2026
(Uitgereik op: 9 November, 2026)
Inligting en Skakeling
146/2026
(Uitgereik op: 5 November, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
145/2026
(Uitgereik op: 5 November, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

18
Nov
Wednesday 18 November, 2026
- 18 November, 2026
9:00 am
11
Dec
Friday 11 December, 2026
- 11 December, 2026
12:00 am
16
Dec
25
Dec

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls