082/2025
24 April 2025
Kennisgewing aan OAB Aandeelhouers,
INLIGTING OOR OAB SE SPESIALE AANDEELHOUERSVERGADERING OP 16 MEI 2025
Opsomming: Die OAB se Spesiale Aandeelhouersvergadering vind op 16 Mei 2025 plaas en die sakelys en volmagvorm word ook hiermee gedeel.
Hiermee ontvang u skriftelik kennis dat ’n spesiale aandeelhouersvergadering van Orania Aandeleblok (RF) (Eiendoms) Beperk op Vrydag, 16 Mei 2025 om 16:00 in Orania se Gemeenskapsaal gehou sal word.
Indien u nie die vergadering kan bywoon nie, mag u die aangehegte volmagvorm gebruik om iemand volmag te gee om u tydens die vergadering te verteenwoordig. In die geval waar ʼn aandeelhouer ʼn regspersoon is, moet volmag aan ʼn natuurlike persoon gegee word. Alle volmagvorms moet voor of op Woensdag, 14 Mei 2025 om 15:30 by die Orania Poskantoor in die aangewese bus geplaas of per e-pos gestuur word aan oraniastem@gmail.com.
Klik op die skakels hieronder om die volgende dokumente af te laai:
• Sakelys – $ https://myorania.co.za/wp-content/uploads/Spesiale-aandeelhouersvergadering-16-Mei-2025.pdf$
• Volmagvorm – $ https://myorania.co.za/wp-content/uploads/Volmag-16-Mei-2025.docx$
U kan die volmagvorm voltooi, skandeer en e-pos na oraniastem@gmail.com.
Die onafhanklike komitee wat verantwooredelik is vir die fasilitering van die verkiesingsproses bestaan uit lede van Orania se Rekenmeestersforum.
Ons sien daarna uit om u by ons vergadering te ontmoet.
Vriendelike groete,
Jacques van Wyk
Maatskappysekretaris
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…