123/2026
10 September 2026
Geagte Oraniƫrs,
PADVEILIGHEID: NEEM ASSEBLIEF ANDER PADGEBRUIKERS (VERAL OOK VOETGANGERS EN FIETSRYERS) IN AG
Opsomming : Alle padgebruikers word vriendelik daaraan herinner om ons paaie met die nodige versigtigheid, geduld en verdraagsaamheid te gebruik en om veral rekening te hou met meer kwesbare padgebruikers soos voetgangers en fietsryers.
Soos reeds in Kennisgewing 091/2026 gekommunikeer is, geld die gewone Suid-Afrikaanse verkeersreƫls ook in Orania en word dit as sodanig deur Orania Veiligheidsdienste (OVD) toegepas.
Orania se paaie word egter nie net deur motorvoertuie gebruik nie. Fietsryers en voetgangers ā waaronder baie kinders ā beweeg ook daagliks langs, oor en op ons paaie.
Ons doen daarom ān vriendelike beroep op alle motoriste om geduldig en bedagsaam teenoor fietsryers en voetgangers te wees. Verminder spoed waar nodig, wees bedag op ander padgebruikers en maak seker dat daar voldoende veilige ruimte gelaat word wanneer ān fietsryer verbygesteek word.
Terselfdertyd het fietsryers en voetgangers ook ān verantwoordelikheid om die paaie met versigtigheid te gebruik, bewus te wees van verkeer rondom hulle en sover moontlik op ān voorspelbare en veilige wyse op te tree.
Die doel is nie om een groep padgebruikers teenoor ān ander te stel nie. Orania se paaie word deur ons almal gedeel, en ān bietjie ekstra geduld, oplettendheid en wedersydse bedagsaamheid kan ān groot verskil maak om dit vir almal veiliger te maak.
Ons bedank graag alle inwoners wat deur verantwoordelike en bedagsame padgebruik help om Orania se paaie veilig te hou en om ‘n baie mooi deel van ons dorp se karakter, die vrye en veilige rondbeweeg van selfs kinders, toe te laat.
Orania groete,
Ettiene de Lange
Hoof: OVD
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…