060/2026
7 MEI 2026
Geagte Oraniërs,
SERWITUUTPAD IS WEER OOP – MAAR WEES ASB VERSIGTIG VIR NUWE STOPSTRAAT
Opsomming: Die Serwituutpad is weer oop vir verkeer, maar daar is ’n moontlike gevaarlike situasie terwyl motoriste gewoond raak aan die nuwe 4-rigtingstop.
Ons is bly om die nuus te deel dat een van die mees opmerklike verbeterings aan Orania se infrastruktuur in etlike jare – die teer van die Serwituutpad – byna afgehandel is! Die volle lengte van die pad tussen die R369 en die Eureka-kruising is sopas weer oopgestel vir verkeer, maar gebruikers daarvan moet asseblief bedag wees daarop dat sekere afrondingswerk nog gedoen moet word.
Dit is veral belangrik om daarop te let dat daar ’n nuwe 4-rigtingstop naby Wilco is, waar die ingang na BKO en CVO uitdraai, maar dat die strepe daarvoor nog nie op die oppervlak geverf kan word terwyl die pad nat is nie. Daar is egter wel stoptekens aangebring.
Mense sal ook oplet dat die grondpaaie wat van daar af onderskeidelik in die rigting van die Dorpskantoor en van die nuwe Werksgebou lei (verby Oom Paul), se ingange ook effens gaan verander om beter en veiliger by die Serwituutpad aan te sluit.
Ons almal sien seker daarna uit om voortaan met soveel meer gemak van hierdie hoofroete in Orania gebruik te maak!
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof: Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik:🔗https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…