032/2026
20 Maart 2026
Geagte Oraniërs,
SKRAAP VAN GRONDPAAIE
Opsomming : Daar is tans meganiese probleme met die padskrapers wat gewoonlik in Orania gebruik word, wat die skraap van die paaie (en die vordering met die servituutpad) met enkele weke vertraag.
Ons wil graag alle inwoners laat weet dat ons nie van die skraap van die dorp se grondpaaie vergeet het nie.
Ons ervaar tans groot uitdagings weens meganiese probleme met al drie die padskrapers wat ons gewoonlik huur om die skraapwerk mee te doen. Die vertragings het ook ’n negatiewe impak op die vordering met die servituutpad. Dit wil blyk dat ons ten minste nog twee tot drie weke sonder ’n padskraper sal wees.
Intussen is ons besig om met maatskappye buite Orania te onderhandel om ’n masjien te huur, wat natuurlik aan ons arbeidsbeleid sal moet voldoen.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…