079/2026

UITSLAG VAN GEMEENSKAPSMENINGSOPNAME KAN AFGELAAI WORD

Uitgereik op: 19 June 2026
Inligting en Skakeling

0

UITSLAG VAN GEMEENSKAPSMENINGSOPNAME KAN AFGELAAI WORD

079/2026

19 Junie 2026

Geagte Oraniërs,

UITSLAG VAN GEMEENSKAPSMENINGSOPNAME KAN AFGELAAI WORD

*Opsomming : Die uitslag van 2026 se Orania-gemeenskapsmeningsopname, wat gister bekend gemaak is, kan ook vanaf die Dorpsraad se webwerf afgelaai word.*

Inwoners is bewus daarvan dat die jaarlikse meningsopname, waarin Oraniërs se sentiment oor ‘n groot verskeidenheid onderwerpe gemeet word, gister bekend gemaak is. Enige belangstellendes kan dit nou ook aflaai vanaf die Dorpsraad se webwerf, waar dit in vier verskillende formate beskikbaar is (volg net die volgende skakel om by die dokumente uit te kom: https://myorania.co.za/dokumente/), naamlik:

1. Die opsommende skyfievertoning wat gisteraand aangebied is – sluit die statistiese geloofwaardigheid van die opname en hoogtepunte van die uitslae in.

2. ‘n Grafiese opsomming van elke vraag se uitslag – ‘n maklike manier om die uitslae te sien sonder om dit eers self te hoef verwerk.

3. ‘n 1-Bladsy vergelyking tussen die uitslae van die 2022-, 2025- en 2026-opnames – om tendense in sentiment te bepaal.

4. Die volledige “rou” data van die opname, insluitend opsommings van die ongeveer 2000 opmerkings wat deur respondente gemaak is.

Daar is te veel inligting uit die opname verkry om naastenby alles hier te noem, maar enkele van die hoogtepunte is die volgende:

Inwoners van Orania is oorwegend sterk positief oor alle aspekte van ons dorp, met selfs die laagste tellings wat steeds gemiddeld hoër as 6.5/10 is. Daar is ook deurgaans ‘n positiewe tendens in sentiment, aangesien respondente tussen 2022 en 2026 positiewer geword het oor bykans alle aspekte wat gemeet is.

Op die vraag of mense dink hulle gaan nog lank in Orania bly, is die gemiddelde punt 8/10.

Die waarskynlikheid dat inwoners Amerikaanse vlugtelingstatus sal aanvaar, kry slegs 2.2/10 (en slegs ongeveer 5% tot 6% van inwoners dui aan dat hulle dit ernstig oorweeg).

Ingenieursdienste (dinge soos paaie, water, elektrisiteit, riolering ens) kry 8.3/10.

Gemeenskapsdienste (dinge soos parke, sportgronde, visdam, begraafplaas, biblioteek ens) kry 8.2/10, insluitend die hoogste telling van almal, naamlik die dorpswembad wat 9.2/10 kry.

Die Dorpsraad se algehele sukses met die lewering van munisipale funksies kry 8.1/10.

Inwoners se gemiddelde geestelike gesondheid (of hulle Jesus se vrede en vreugde daagliks in hulle lewens ervaar) kry 9.1/10.

Inwoners se gevoel van veiligheid is ook baie sterk, met ‘n gemiddelde punt van 9.3/10 vir hoe gemaklik hulle daarmee is om enige tyd van die dag alleen in die strate te loop.

Indien daar vrae is oor die meningsopname, of indien belangstellendes dalk sukkel om die dokumente vanaf die webwerf af te laai, kan ‘n e-pos na burger@myorania.co.za gestuur word.

Vriendelike groete,

Burger Lambrechts

Orania Dorpsraad – Kommunikasiebestuurder

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/

Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

094/2026
(Uitgereik op: 14 July, 2026)
Ingenieursdiente
093/2026
(Uitgereik op: 10 July, 2026)
Uitvoerende Hoof
092/2026
(Uitgereik op: 10 July, 2026)
Gemeenskapsdienste
091/2026
(Uitgereik op: 8 July, 2026)
Orania Veiligheidsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am
3
Aug
Monday 3 August, 2026
- 7 August, 2026
1:00 pm
8
Aug
Saturday 8 August, 2026
- 8 August, 2026
3:00 pm
12
Aug
Wednesday 12 August, 2026
- 12 August, 2026
9:00 am
28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…