191/2024

VAKANTE POS : ADMINISTRATIEWE ASSISTENT; REGSPLEGING

Uitgereik op: 10 December 2024
Algemeen

0

VAKANTE POS : ADMINISTRATIEWE ASSISTENT; REGSPLEGING

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

VAKANTE POS : ADMINISTRATIEWE ASSISTENT; REGSPLEGING

Opsomming : Aansoeke vir ‘n vakante pos as Administratiewe Assistent by Regspleging sluit op 3 Januarie 2025.

Oor die pos

Orania Regspleging staan aan die voorpunt van die ontwikkeling van gemeenskapsgebaseerde regspleging onder Afrikaners en word operasioneel deur die Orania Dorpsraad ondersteun en bestuur. Daar bestaan tans ’n behoefte aan administratiewe ondersteuning vir die afdelings van Regspleging en Verblyfreg.

Die aangewese assistent sal hoofsaaklik werksaam wees in die afdeling Regspleging, met addisionele bystand in die afdeling Verblyfreg wanneer nodig, soos bepaal deur die Hoof van Verblyfreg en Regspleging.

Verantwoordelikhede

Die suksesvolle kandidaat sal die volgende verantwoordelikhede hê:

 Om onder leiding van die Aanklaer (Regspleging) verantwoordelikheid te neem vir die fasilitering en administrasie van mediasies, arbitrasies en dissiplinêre verhore. Voormelde geskied in lyn met Orania se interne prosesse vir alternatiewe geskilbeslegting sowel as dissiplinêre kode.

 Om onder leiding van die Verblyfreg: Administratiewe Koördineerder administratiewe- en verwante take uit te voer.

 Gereelde kommunikasie met lede van die publiek.

 Ander administratiewe take soos nodig mag blyk.

Vereistes vir ’n suksesvolle aansoek

Die suksesvolle kandidaat sal aan die volgende vereistes voldoen:

 oor verblyfreg in Orania beskik;

 ‘n sterk verbintenis hê tot die strewe van Orania tot selfbeskikking en ‘n verbintenis tot die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap soos in Orania beoefen;

 deeglike begrip toon van die Orania-gedagte;

 ’n matriek (graad 12) kwalifikasie;

 die handhawing van goeie menseverhoudinge en die vermoë om onafhanklik te kan funksioneer, organiseer en beplanning deur te voer;

 goed kan saamwerk met die verskillende afdelings in die Dorpsraad;

 verantwoordelik wees en die vermoë hê om vertroulikheid te handhaaf;

 uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans, insluitend skryfwerk; en,

 goeie rekenaarvaardighede.

’n Regsagtergrond is nie verpligtend nie, maar kan tot voordeel vir die kandidaat wees.

Aansoekproses

Harde-kopie aansoeke moet voor of op 3 Januarie 2025 om 16:30 by die Orania Dorpskantoor ingedien word, of kan per e-pos gestuur word na jan@myorania.co.za. Slegs aansoeke in Afrikaans sal aanvaar word.

Datum waarop diens in aanvang neem

Dit is die oogmerk van Orania Regspleging om ’n aansoeker aan te stel wat nie later nie as 1 Februarie 2025 met sy of haar diens kan begin.

U is, soos altyd, welkom om in kontak met die dorpsraad te tree oor enige onderwerp, deur van die volgende skakel gebruik te maak:

Vriendelike groete,

Jan Van Zyl

Hoof : Regspleging

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

004/2025
(Uitgereik op: 13 January, 2025)
Ingenieursdiente
003/2025
(Uitgereik op: 10 January, 2025)
Beplanning en Grondgebruik
002/2025
(Uitgereik op: 8 January, 2025)
Ingenieursdiente
001/2025
(Uitgereik op: 6 January, 2025)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

18
Jan
Saturday 18 January, 2025
Algemeen
24
Jan
Friday 24 January, 2025
- 24 January, 2025
7:00 pm
24
Jan
Friday 24 January, 2025
27
Feb
Thursday 27 February, 2025
- 6 April, 2025
Algemeen

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…