Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
VERDUIDELIKING VAN DIE BATTERY SE VERMOĆ TYDENS ESKOM KRAGONDERBREKINGS
Opsomming : Die battery kan tydens beplande Eskom kragonderbrekings soomloos (dus, sonder onderbreking) krag aan Orania verskaf, maar tydens onbeplande onderbrekings kan dit nog nie onmiddellik gebeur nie.
Soos inwoners waarskynlik van bewus is, was daar gistermiddag (20 Januarie 2025) tussen 16:37 en 16:52 ‘n onbeplande kragonderbreking by Eskom, deurdat ān 132kV transmissie substasie se stroom gebreek het; dit het die groter Orania-omgewing in daardie tydperk sonder elektrisiteit gelaat.
Alhoewel Orasol se sonplaas en battery dit vir ons moontlik maak om tot ‘n groot mate energie-onafhanklik te wees, laat ons huidige stelsels dit nog nie toe om onmiddellik oor te skakel na die battery toe wanneer daar ‘n onbeplande kragonderbreking vanaf Eskom is nie. Met beplande onderbrekings word voorbereidings getref sodat die oorskakeling seepglad gebeur en inwoners nie eers sal weet presies wanneer Eskom afgaan nie, maar in gevalle soos gister sal daar noodwendig ‘n tydperk sonder krag wees.
As deel van die voortdurende verbetering in ons stelsels en die uitrol van volgende fases in die ontwikkeling van Orasol, sal dit weldra moontlik word om onmiddellik oor te skakel na die battery toe, maar vir eers moet inwoners asseblief verstaan dat dit nog nie op hierdie stadium sĆ³ kan gebeur nie.
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur van die volgende skakel gebruik te maak:
https://myorania.co.za/kontak-ons/
Vriendelike groete,
Gawie Snyman
Uitvoerende Hoof
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…