Ek wil weet of julle bewus daarvan is dat daar 'n Nama groep wat bekend is as die Afrikaners? Kan hulle ook in Orania kom bly, want hulle was eerste Afrikaners voordat julle hulle naam vir julleself geeien het.
Ons neem aan hierdie vraag moet seker 'n grap wees, nê? Want iemand kan tog sekerlik nie só oningelig wees dat hy/sy eerlikwaar dink die woord "Afrikaner" kom uit die Nama taal nie?! Die woord kom baie duidelik vanuit Nederlands/Afrikaans, so die feit dat 'n Nama groep hulself so noem is juis 'n aanduiding dat hulle die naam vanuit ons kulturele herkoms geneem het (waarteen ons geen beswaar het nie), nie andersom nie.
Die huidige Nama groep wat Afrikaners genoem word is heel waarskynlik afstammelinge van die bekende Jonker Afrikaner, 'n besonderse man van gemengde herkoms wat in die vroeë tot middel 1800's langs die Weskus van Afrika opgetrek het met Westerse tegnologie en 'n groot rol gespeel het in die vestiging van onder andere die stad Windhoek. Ons Boere Afrikanervolk het gedeelde belange met hom en sy mense gehad in die sin dat beide van ons onafhanklikheid gesoek het van imperiale owerhede wat ons nie ons vryheid wou gun nie, maar daar was nooit in daardie tyd, of vandag, enige verwarring tussen ons volk en hulle nie. 'n Volk se identiteit strek baie dieper as slegs die naam daarvan (of die velkleur van die mense)!
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…