Korporatiewe Dienste
Korporatiewe & Finansiƫle afdeling
Ons bou die stad!
- Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk., wat die moedermaatskappy is.
- Orania Infrastruktuur (Edms.) Bpk., wat ān volfiliaal is van die moedermaatskappy.
- Orania Veiligheidsdienste (Edms.) Bpk., wat ān volfiliaal is van die moedermaatskappy.
- Orasol (Edms.) Bpk., wat ān volfiliaal is van die moedermaatskappy.
- Orania Infrastruktuur (Edms.) Bpk. die meerderheidsaandeelhouer is met 60% van die uitgereikte aandele.
Die Korporatiewe en FinansiĆ«le Afdeling behartig hierdie entiteite se dag-tot-dag boekhouding en skakel nóú met elke afdeling binne die groep. Die afdeling word bestuur deur ān span van ses personeellede wat soos volg saamgestel is:
- Hoof: Korporatiewe Bestuur
- 1 x senior rekeningkundige beampte
- 1 x junior rekeningkundige- en salarisbeampte
- 1 x debiteureklerk
- 1 x poskantoorbeampte
- 1 x ontvangsbeampte (vir die hele groep)
Janneman Roux
Departementshoof
Korporatiewe & Finansiƫle afdeling
Verantwoordelikhede:
– FinansiĆ«le bestuur
– Begrotingsbeheer
– Inligting en stelselbeheer
– Voorraadstoor
– Korporatiewe ondersteuningsdienste en projekbestuur
– Risikobestuur
Finansiƫle Funksies
Finansiƫle funksies sluit in, maar is nie tot die volgende beperk nie:
- Verwerking en uitstuur van maandelikse diensterekeninge t.o.v die aandeleblokke
- Bestuur van debiteure en krediteure
- Verwerking en uitstuur van infrastruktuurprojekfakture t.o.v. nuwe ontwikkelings en veranderings aan bestaande aandeleblokke se dienste
- Verwerking en uitstuur van kommersiƫle veiligheidsdienstefakture wat grootliks geskoei is op kameramonitering
- Ad hoc-fakturering t.o.v. diverse en administratiewe dienste gelewer, soos onder andere oordragte van aandeleblokke, diverse tegniese dienste, bouplanaansoeke, advertensiebordaansoeke, om maar net ān paar te noem
- Opstel en uitvoer van die verskillende afdelings en maatskappye se begrotings
- Maandelikse terugvoer aan verskeie direksies i.v.m. maandelikse vorderingsverslae en die lewering van kommentaar oor hoe die verslae vergelyk met die goedgekeurde begrotings
- Voorbereiding van jaarlikse finansiƫle syfers vir die opstel van finansiƫle jaarstate met die oog op voorlegging aan aandeelhouers en belanghebbendes
Korporatiewe Funksies
Korporatiewe funksies sluit in, maar is nie tot die volgende beperk nie:
- Bestuur van die groep se uitgebreide vaste bates en die gepaardgaande versekeringsportefeuljes
- Menslikehulpbronbestuur
- Voldoening aan algemene finansiële praktyke, soos vereis deur verskeie statutêre liggame
- Ondersteuning van die hoof- uitvoerende beampte en maatskappysekretaris
- Bestuur van die streeksposkantoor
- Hulpverlening met die reƫl van gemeenskapsgeleenthede soos die Orania Karnaval en Lente-Regruk
Die Korporatiewe en Finansiƫle Afdeling word gebou op goeie en deursigtige finansiƫle en korporatiewe bestuur. Die afdeling is geskoei op integriteit, etiese waardes en die deurlopende verbetering van dienslewering tot voordeel van aandeelhouers en Orania-inwoners.