Ons bou die stad!

Korporatiewe Dienste

Korporatiewe & Finansiële afdeling

Ons bou die stad!

Orania Dorpsraad se Korporatiewe en Finansiële Afdeling skakel met alle afdelings binne die Orania Dorpsraadgroep, wat vier maatskappye insluit:
  • Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk., wat die moedermaatskappy is.
  • Orania Infrastruktuur (Edms.) Bpk., wat ‘n volfiliaal is van die moedermaatskappy.
  • Orania Veiligheidsdienste (Edms.) Bpk., wat ‘n volfiliaal is van die moedermaatskappy.
  • Orasol (Edms.) Bpk., wat ‘n volfiliaal is van die moedermaatskappy.
  • Orania Infrastruktuur (Edms.) Bpk. die meerderheidsaandeelhouer is met 60% van die uitgereikte aandele.

Die Korporatiewe en Finansiële Afdeling behartig hierdie entiteite se dag-tot-dag boekhouding en skakel nóú met elke afdeling binne die groep. Die afdeling word bestuur deur ‘n span van ses personeellede wat soos volg saamgestel is:

  • Hoof: Korporatiewe Bestuur
  • 1 x senior rekeningkundige beampte
  • 1 x junior rekeningkundige- en salarisbeampte
  • 1 x debiteureklerk
  • 1 x poskantoorbeampte
  • 1 x ontvangsbeampte (vir die hele groep)

Janneman Roux

Departementshoof

Korporatiewe & Finansiële afdeling

Verantwoordelikhede:

– Finansiële bestuur
– Begrotingsbeheer
– Inligting en stelselbeheer
– Voorraadstoor
– Korporatiewe ondersteuningsdienste en projekbestuur
– Risikobestuur

Finansiële Funksies

Finansiële funksies sluit in, maar is nie tot die volgende beperk nie:

  • Verwerking en uitstuur van maandelikse diensterekeninge t.o.v die aandeleblokke
  • Bestuur van debiteure en krediteure
  • Verwerking en uitstuur van infrastruktuurprojekfakture t.o.v. nuwe ontwikkelings en veranderings aan bestaande aandeleblokke se dienste
  • Verwerking en uitstuur van kommersiële veiligheidsdienstefakture wat grootliks geskoei is op kameramonitering
  • Ad hoc-fakturering t.o.v. diverse en administratiewe dienste gelewer, soos onder andere oordragte van aandeleblokke, diverse tegniese dienste, bouplanaansoeke, advertensiebordaansoeke, om maar net ‘n paar te noem
  • Opstel en uitvoer van die verskillende afdelings en maatskappye se begrotings
  • Maandelikse terugvoer aan verskeie direksies i.v.m. maandelikse vorderingsverslae en die lewering van kommentaar oor hoe die verslae vergelyk met die goedgekeurde begrotings
  • Voorbereiding van jaarlikse finansiële syfers vir die opstel van finansiële jaarstate met die oog op voorlegging aan aandeelhouers en belanghebbendes

Korporatiewe Funksies

Korporatiewe funksies sluit in, maar is nie tot die volgende beperk nie:

  • Bestuur van die groep se uitgebreide vaste bates en die gepaardgaande versekeringsportefeuljes
  • Menslikehulpbronbestuur
  • Voldoening aan algemene finansiële praktyke, soos vereis deur verskeie statutêre liggame
  • Ondersteuning van die hoof- uitvoerende beampte en maatskappysekretaris
  • Bestuur van die streeksposkantoor
  • Hulpverlening met die reël van gemeenskapsgeleenthede soos die Orania Karnaval en Lente-Regruk

Die Korporatiewe en Finansiële Afdeling word gebou op goeie en deursigtige finansiële en korporatiewe bestuur. Die afdeling is geskoei op integriteit, etiese waardes en die deurlopende verbetering van dienslewering tot voordeel van aandeelhouers en Orania-inwoners.

Maps Calender Kategorie Select Filter
Kalendar Agemene gebeure Checkbox Filter
Kalendar Tersiêre Instellings Checkbox Filter
Kalendar Feeste Checkbox Filter
Kalendar Gemeenskapsprojekte Checkbox Filter
Kalendar Karnaval Checkbox Filter
Kalendar Kerke Checkbox Filter
Kalendar Kultuur Checkbox Filter
Kalendar Markte Checkbox Filter
Kalendar Musiek Checkbox Filter
Kalendar Orania Vakansiedae Checkbox Filter
Kalendar SA Vakansies Checkbox Filter
Kalendar Skole Checkbox Filter
Kalendar Sport Checkbox Filter
Kalendar Vergaderings Checkbox Filter
Orientering Checkbox Filter
Kalendar Ander Checkbox Filter

Filters:

Kalendar Agemene gebeure Checkbox Filter
Kalendar Tersiêre Instellings Checkbox Filter
Kalendar Feeste Checkbox Filter
Kalendar Gemeenskapsprojekte Checkbox Filter
Kalendar Karnaval Checkbox Filter
Kalendar Kerke Checkbox Filter
Kalendar Kultuur Checkbox Filter
Kalendar Musiek Checkbox Filter
Kalendar Orania Vakansiedae Checkbox Filter
Orientering Checkbox Filter
Kalendar SA Vakansies Checkbox Filter
Kalendar Skole Checkbox Filter
Kalendar Sport Checkbox Filter
Kalendar Vergaderings Checkbox Filter
Kalendar Ander Checkbox Filter

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

046/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Inligting en Skakeling
045/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Ingenieursdiente
044/2026
(Uitgereik op: 15 April, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…