Ons bou die stad!

Maatskappysekretaris

Maatskappysekretaris

Ons bou die stad!

Die Afdeling: Sekretariaat maak deel uit van agt afdelings wat die Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk. (OAB) as Dorpsraad bestuur. 

Die maatskappysekretaris is daarvoor verantwoordelik om al OAB se maatskappyvergaderings by te woon en die gepaardgaande reëlings daarvoor te tref.  Dit sluit alle algemene vergaderings, direksievergaderings en maatskappykomiteevergaderings in. 

Die maatskappysekretaris is ook daarvoor verantwoordelik om die sakelyste van vergaderings in samewerking met die uitvoerende hoof voor te berei, statutêre kennisgewings van algemene vergaderings aan aandeelhouers te versend en noukeurig rekord te hou van vergaderingaktiwiteite deur middel van die versorging van notules.  Voorts is dit die maatskappysekretaris se verantwoordelikheid om die direksie te adviseer rakende enige regulatoriese nakomingsvereistes.

Jacques van Wyk

Departementshoof

Maatskappysekretaris

Verantwoordelikhede:

 – Sekretariaat
– Wetlike voldoening
– Koopooreenkomste
– Aandeelregister
– Sekretaris van die Raad
– Administratiewe ondersteuning
aan die Uitvoerende Hoof
– Aandeelhouersvergaderings
– Regsdienste

placeholder.png

Maatskappysekretaris

Hierbenewens is die maatskappysekretaris ook verantwoordelik vir die instandhouding van die maatskappy se statutêre rekords, opdatering van statutêre inligting by die kantoor van die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom en tree hy/sy ook deurlopend op as voldoeningsbeampte om te verseker dat sinvolle korporatiewe regering en voldoening toegepas word.

OAB is verder uniek in die sin dat die Afdeling: Sekretariaat daarvoor verantwoordelik is om te sorg dat die oordragte van belange in aandeleblokke in ooreenstemming met die toepaslike statutêre bepalings geskied en dat grondgebruikaansoeke, soos byvoorbeeld die konsolidasie, onderverdeling, skepping en opheffing van aandeleblokpersele deur middel van skriftelike kontrakte uitgevoer word nadat dit by wyse van ‘n spesiale besluit/e deur aandeelhouers goedgekeur is.

Sekretariaat

As ’n afdeling, is die sekretariaat saamgestel uit die maatskappysekretaris wat oorhoofs die afdeling bestuur, en twee administratiewe personeellede wat toesien dat die oordragte van belange in aandeleblokke noukeurig volgens ’n neergelegde stelselbeskrywing en tydraamwerk  plaasvind.  Die afdeling se personeel is ook daarvoor verantwoordelik om toe te sien dat grondgebruikaansoeke in samewerking met die Afdeling: Beplanning en Grondgebruik oorweging geniet en ooreenkomstig die toepaslike statutêre raamwerk uitgevoer word.

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Kalendar Agemene gebeure Checkbox Filter
Kalendar Tersiêre Instellings Checkbox Filter
Kalendar Feeste Checkbox Filter
Kalendar Gemeenskapsprojekte Checkbox Filter
Kalendar Karnaval Checkbox Filter
Kalendar Kerke Checkbox Filter
Kalendar Kultuur Checkbox Filter
Kalendar Markte Checkbox Filter
Kalendar Musiek Checkbox Filter
Kalendar Orania Vakansiedae Checkbox Filter
Kalendar SA Vakansies Checkbox Filter
Kalendar Skole Checkbox Filter
Kalendar Sport Checkbox Filter
Kalendar Vergaderings Checkbox Filter
Orientering Checkbox Filter
Kalendar Ander Checkbox Filter

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

017/2026
(Uitgereik op: 16 February, 2026)
Ingenieursdiente
016/2026
(Uitgereik op: 16 February, 2026)
Uitvoerende Hoof
015/2026
(Uitgereik op: 13 February, 2026)
Gemeenskapsdienste
014/2026
(Uitgereik op: 10 February, 2026)
Beplanning en Grondgebruik

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

19
Feb
Thursday 19 February, 2026
- 19 February, 2026
6:00 pm
20
Feb
Friday 20 February, 2026
- 20 February, 2026
6:00 pm
7
Mar
Saturday 7 March, 2026
- 7 March, 2026
8:00 am
27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…