Ons bou die stad!

Bedryfstelsels en Outomatisering

Bedryfstelsels en Outomatisering:

ons bou die stad!

Die Afdeling: Bedryfstelsels en Outomatisering is gedurende 2022 op die been gebring met die doel om na die optimalisering van Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk. (OAB) en sy filiale se netwerke, inligtingstegnologiestelsels, telekommunikasie- en sekuriteitstelsels om te sien en verder uit te brei.

Bedryfstelsels en Outomatisering is ook daarop ingestel om OAB en die Groter Orania aan die voorpunt van tegnologie te hou deur die daarstel van databasisse en konsepte wat in ‘n moderne samelewing in werking gestel kan word, sowel as om tegnologiestad-idees doeltreffend aan te wend.

Bedryfstelsels en Outomatisering se kliĆ«nte is hoofsaaklik die personeel van OAB en sy filiale, maar die eindresultaat van die afdeling se dienslewering is ʼn funksionele en doeltreffende gemeenskap.

Theunie Kruger

Departementshoof

Bedryfstelsels en Outomatisering

Verantwoordelikhede:

– Inligtingstegnologie
– Slimtegnologie
– Kantoorbedryfstelsels
– Gedesentraliseerde databasisse
– Interdepartmentele stelsels
– Kameranetwerkbeplanning
– Veselnetwerkbeplanning
– Kommunikasiestelsels

Ons Projekte

Bedryfstelsels en Outomatisering se hooffokuspunte is as volg:

1. Ontplooiing van ‘n optieseveselnetwerk in die OAB-grondgebied

  • Die OAB-direksie het ā€˜n geruime tyd gelede die noodsaaklikheid van ā€˜n stabiele en bekostigbare hoĆ«spoedinternetnetwerk geĆÆdentifiseer en opdrag gegee dat ondersoek ingestel word na die haalbaarheid van ‘n optieseveselaansluiting vir Orania. Verskeie opsies en moontlikhede is oorweeg en OAB het SkyWire gekontrakteer om ‘n optieseveselaansluiting vir die Dorpsraad te bewerkstellig. NĆ” onderhandelinge tussen Telkom en SkyWire, het SkyWire daarin geslaag om Telkom in so ā€˜n mate aan boord te bring dat hulle ingestem het om die uitbreidings wat nodig is om veselaansluiting moontlik te maak, in Orania aan te bring.
  • Nadat die beskikbaarstelling van die veselaansluiting bevestig is, het OAB voortgegaan om ‘n meesterplan te laat opstel vir die effektiewe ontplooiing van die netwerk regdeur die dorpsgebied. ‘n Kuberkamer is aangekoop en toegerus met die nodige toerusting, sowel as rugsteun-elektrisiteit om stabiliteit en kontinuĆÆteit te waarborg in geval van kragonderbrekings. Die ingenieursdienstespan het reeds begin om die hulse en mangate vir die eerste fase van die projek ondergronds gereed te kry en sodoende die nodige roetes te bewerkstellig waarin die optieseveselkabels geplaas gaan word. Indien enige slote in die dorp gegrawe word vir die installering van ander dienste, word daar terselfdertyd telekommunikasiehulse gelĆŖ om die uitbreiding van die veselnetwerk later vinniger te kan uitrol.
  • ‘n Veeldoelige data- en kommunikasietoring van 53m hoog is opgerig en vorm deel van die infrastruktuur wat internetdiensverskaffers die geleentheid bied om spasie te huur vir hul draadlose toerusting waardeur hulle hul internetdienste kan versprei. Die internetdiensverskaffers kan ook spasie huur in die kuberkamer vir maklike toegang tot die veselnetwerk.

Die volgende fases vir die daarstel van die veselnetwerk sal beplan word na gelang van die beskikbaarheid van fondse waarvoor daar begroot is en die omvang van die aanvraag vir residensiƫle aansluiting uit die geledere van Orania-inwoners.

2. Die inrig van ‘n beheerkamer vir Orania Veiligheidsdienste (Edms.) Bpk. (OVD) in die Gemeenskapsveiligheidsentrum (GVS)

Die direksie van Orania Veiligheidsdienste (Edms.) Bpk. het besluit om ‘n kommersiĆ«le diens aan boereverenigings te lewer deur hul sekuriteitkameras te moniteer en na gelang van die betrokke insident, ‘n protokol te volg om oortreders te laat arresteer en aan die geregsowerhede te oorhandig vir vervolging. DiĆ© stap bring mee dat daar ‘n veilige omliggende omgewing is wat verseker dat daar ook ‘n veilige Orania is, en omgekeerd. OVD het deur ‘n toetsfase gegaan wat die monitering van kameras betref, waarnĆ” deurtastende navorsing gedoen is om die mees koste-effektiewe en optimale kameramoniteringstelsel te vind wat aan OVD se behoeftes voldoen.

Daar is besluit om ʼn Ā videobestuurstelsel (VMS) aan te koop wat onder andere van swartskermtegnologie gebruik maak om die effektiwiteit van die beheerkamerbeampte te optimaliseer. Met die goedkeuring van uitgawes deur die OVD-direksie het Bedryfstelsels en Outomatisering die nuwe VMS aangekoop, sowel as verskeie nuwe werkstasies en bedieners wat nodig is om die beheerkamer optimaal en doelmatig te laat funksioneer.

Die waarde wat die beheerkamer ten opsigte van veiligheid in en om Orania meebring, is duidelik aangesien daar al verskeie verdagte voertuie voorgekeer is; verskeie misdadigers is ook al vasgetrek.

Ander funksies waarmee Bedryfstelsels en Outomatisering gemoeid is, sluit die volgende in, maar is nie daartoe beperk nie:

  • Verskaffing en instandhouding van funksionele werkstasies vir alle gebruikers.
  • Die onderhoud en uitbou van draadlose netwerke vir die koppeling van die Dorpsraad se onderskeie kantore en kameras.
  • Beheer en bestuur van interne datanetwerke.
  • Stelselontwerp en -ontwikkeling om datastelle holisties te bestuur en die data effektief aan te wend vir besluitneming.
  • Die oorweging van slimmeter-tegnologie met die oog op lasbeheer en ook om kredietbeheer, sowel as akkurate fakturering, effektief te kan toepas.
  • Ontwikkeling en instandhouding van hierdie webblad.
  • Onderhoud en uitbreiding van telefoonstelsels.

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

179/2024
(Uitgereik op: 26 November, 2024)
Beplanning en Grondgebruik
177/2024
(Uitgereik op: 21 November, 2024)
Orania Veiligheidsdienste
176/2024
(Uitgereik op: 21 November, 2024)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

6
Dec
Friday 6 December, 2024
Algemeen
6
Dec
Friday 6 December, 2024
- 6 December, 2024
6:00 pm
Algemeen
6
Dec
Friday 6 December, 2024
7
Dec
Saturday 7 December, 2024
8:00 am
11
Dec
Wednesday 11 December, 2024
- 13 December, 2024
Algemeen

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…