Anonieme Voorstelle Opmerkings of Klagtes
Dit is met groot teleurstelling dat ek verneem van die skrywe 203/2025 gedateer 28 Oktober 2025 vanaf die Dorpsraad.
In die skrywe word vermeld van ñ kragonderbreking wat op Sondag 2 November 2025 beplan word met rede “In ’n poging om die kleinste moontlike impak op inwoners se besige lewens te hê, het die Dorpsraad besluit om groot opkomende werk aan die elektrisiteitsinfrastruktuur op ’n Sondag te doen, wanneer elektrisiteit oor die algemeen minder belangrik is vir Oraniërs.”
Wat ñ hartseer dag, met hierdie siening van die Dorpsraad, dat impak op mense nou belangriker is as die onderlinge ooreenkoms wat ons met mekaar gesluit het om die Sondag as rusdag te eer en te respekteer.
Dit is duidelik uit die kennisgewing dat hierdie nie noodwerk is nie. Ek hoop van harte dat die Dorpsraad hierdie besluit sal heroorweeg.
Groete
More Mnr van Wyk
Kan u asb vir my die bepaaling epos van regelasie aangaande die stem reg van nie aandeelhouers stipuleer.
Ek woon op n plaas net buite Orania en besoek daagliks die dorp om inkopies te doen by verskeie ondernemings al vir die afgelope 33 jaar. Waar ek ook al stilhou en uitklim is dit skrikwekkend om te sien hoe baie sigaretstompies lê rond. Die dorp is oor die algemeen baie netjies en geen vullis is te sien nie. Gelukkig kan die stompies nie van ver gesien word nie, maar die hoeveelheid wat rond lê besef ek hoe groot deel van Orania se ekonomie is van sigaret verkope afhanklik ! Ek glo die rokers kan met genoeg kennigewings/plakkate en asblikke aangemoedig word om ook hulle rommel op n verantwoordelike wyse weg te gooi .
Asseblief hou ons op hoogte van die nuwe verwikkeling in verband met gesondheidsorg in Orania.
As julle dit kan live stream of selfs af neem en post sal dit wonderlik wees.
Dankie en sterkte
Lekker om te sien huis pryse kom af in Orania.
Asb maak sensus data bekend oor inwoners getalle.
Ek is ten gunste van wet en orde maar waarom is die wetstoepassers vrygespreek daarvan om ook die wette na te kom.
Tydens die neon nagdraf moes ek kyk hoe ‘n vrou met ‘n groot rifrug sukkel om haar hond te beheer omdat ‘n afdelingshoof by die dorpsraad se klein hondjie nie op ‘n lyband was nie en die dame se rifrug genader het. Dit was duidelik dat haar hond goed opgelei was en kon sy hom die eerste keer beheer maar toe die klein hondjie hom die tweede keer nader het haar hond baie moeilik geraak. Ek is definitief ten gunste van die dierereëls en dink die Neon nagdraf is ‘n lekker geleentheid maar dit kan mos nie so werk dat die organiseerder self nie die reëls nakom nie. So ‘n situasie kan baie vinnig lelik raak vir die omstanders en wie moet dan die skuld kry wanneer die groot hond wel die klein hondjie byt?
Sal julle asseblief die populasie groei bekend maak sodra julle weet vir 2025?
Baie dankie !
Verbeel jou hoe dit die gees van die Afrikaner kan oplig indien AfriForum, Vryheidsfront Plus en ander organisasies ’n verklaring sou uitreik waarin hulle aankondig dat hul aandag voortaan uitsluitlik op die uitbou van Orania gefokus sal wees. Só ’n besluit sou nie net hoop en trots onder ons volk versterk nie, maar ook ’n gevoel van eenheid en samehorigheid bevorder. Die gekonsentreerde investering van hulpbronne, kennis en leierskap kon Orania se infrastruktuur, ekonomie en kultuurprojekte aansienlik vooruitstoot. Dit sal ’n duidelike boodskap stuur dat die klem eerder op konstruktiewe ontwikkeling en gemeenskapsopbou val, eerder as om energie oor ’n wye politieke front te versprei. Hierdie fokus kon uiteindelik groter stabiliteit bring en die Afrikaner-gemeenskap inspireer om met hernude toewyding aan hul toekoms te bou.
Ek weet hulle ondersteun Orania maar hulle is vir my nog te “rainbow nation”.
Hierdie is ons leiers wanneer skrik hulle wakker?
Hoe gaan Orania die balans handhaaf tussen beleggings in kry en mense wat besighede oopmaak en ook in beheer bly van ons eie instellings en toekoms?
Wat is maniere hoe ons ekonomiese groei en vryheid kan hê?
Waarom is ons mense nog nie almal in Orania nie?
Gaan dit nog TE goed met ons volk? Dink hulle nogsteeds geld gaan hulle vryheid koop?
Verklaring van ’n Gelowige oor die Verering van Beelde
Ek skryf dit nie uit my eie krag nie, maar as ’n gelowige in die Here God en uit eerbied vir Sy Woord.
—
1. God se Gebod is duidelik
Die tweede gebod verbied dit uitdruklik:
“Jy mag vir jou geen gesnede beeld maak… jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie” (Eksodus 20:4–5).
Hierdie gebod laat geen ruimte dat ’n volk wat hulself “Christen” noem, ’n beeld oprig of dit deur ’n ritueel van eer verhef nie.
—
2. God het Homself nooit in ’n beeld geopenbaar nie
“Die Here het met julle uit die vuur gepraat; julle het die stem van woorde gehoor, maar geen gedaante gesien nie… sodat julle nie vir julle ’n gesnede beeld maak nie” (Deuteronomium 4:12, 15–16).
God het doelbewus geen figuur aan die mens gegee nie, juis sodat Hy nie in hout, klip of metaal vasgevang kan word nie.
—
3. God deel Sy eer met geen ander nie
“Ek is die Here, dit is my Naam; en my eer gee Ek aan geen ander nie, ook nie my lof aan gesnede beelde nie” (Jesaja 42:8).
Om ’n beeld hoog op ’n duur platform te plaas en mense te roep om dit te vereer, is om eer aan ’n skepsel te gee wat aan God alleen behoort.
—
4. Die risiko van seremonies en erewagte
Selfs al word gesê dit is “net geskiedenis”, sodra daar seremonies, erewagte en rituele rondom ’n beeld plaasvind, word dit verhef tot iets wat meer as ’n gedenkteken is. Dit maak die skeidslyn tussen herinnering en verering gevaarlik dun.
—
5. Selfs die held sou dit nie wou hê nie
Die mens wat nou in beeld verhef word, is lankal dood en kan nie praat nie. Maar as hy self ’n gelowige was, sou hy waarskynlik nooit wou hê dat mense hom só moes vereer nie, want alle eer behoort aan God alleen.
—
Slot
As gelowiges kan ons geskiedenis onthou, maar ons mag nooit mense in beeld vereer of rituele uitvoer wat bots met God se Woord nie. Hierdie ritueel behoort gestop te word, want dit steel eer van die Here. “Aan die Here jou God moet jy jou neerbuig, en Hom alleen moet jy dien” (Mattheus 4:10).
Die eer is God s’n alleen — nie van mense nie.
Beelde en die Christen-waarheid
Verbod in die Gebod
“Jy mag vir jou geen gesnede beeld maak… jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie”
– Eksodus 20:4–5
God het geen gedaante gegee nie
“Julle het die stem van woorde gehoor, maar geen gedaante gesien nie… sodat julle nie vir julle ’n gesnede beeld maak nie”
– Deuteronomium 4:12, 15–16
Eer aan God alleen
“My eer gee Ek aan geen ander nie, ook nie my lof aan gesnede beelde nie”
– Jesaja 42:8
Mensgemaakte beelde kan nie God of heiligheid verteenwoordig nie
“Ons behoort nie te dink dat die Godheid aan goud of silwer of klip gelyk is, ’n beeld gevorm deur mense se kuns en vinding nie”
– Handelinge 17:29
—
🎯 Samevatting
’n Beeld op ’n duur platform, hoog bo die grond, wat in seremonies vereer word, bots direk met hierdie beginsels.
Die gebod verbied dit.
God het bewus geen figuur gegee.
Hy deel Sy eer met geen ander nie.
- ’n Christen-volk kan dus geskiedenis onthou, maar nie mense in beeld vereer nie.
Ek verstaan alles kos geld en niks is verniet nie, en 10 jaar se dienste op een huis is nie genoeg om ‘n vierkant’ n meter te teer nie. Maar die mense van kleingeluk wag Al lank, daar was Al baie geld gemors oor die jare vanaf R25 000.00 vir trappe, standbeelde vir dooie mense wat niks vir ons nou beteken maar die werkers klas van orania wat in kleingeluk bly was nog nooit eerste gesit nie! Ek is oortuig julle sal eers die oewer se pad teer voor julle kleingeluk sal teer daarom is hierdie ‘n klagte en nie net’ n opmerking nie. As inwoner van orania was dit altyd die antwoord, die koste oorskry die doel. Ek will nie 70 wees en vrek van die stof nie of moet Ek net my huis verkoop?
Kom daar nou n nuwe mediese sentrum in Orania of in Vanderkloof of albei?
Ons mense van buite Orania is deurmekaar en sal graag meer wil weet!
Asseblief kan julle verduidelik wat gebeur met die mediese dienste in Orania?
Blykbaar maak dit toe? Is al die harde werk dan vir niks? Word die apteek en alles ook toe gemaak?
Amen op die Orania flag wat halfmas hang in julle dorp. Dit spreek boekdele van wat en wie julle werklik is. As ek nie in Namibia gebly het nie was ek definitief n Orania burger.
Hoeveel mense het aansoek gedoen in 2025 vir verblyf reg in Orania?
Gewonder of dit moontlik is om in Orania te bele van buite af, so ook wou weet of n ou n rekening by Die OSK kan oop maak as jy ni in Oranie bly ni. En dink die mense van Oranie dat julle grooter gaan word en hoelank dink julle gaan dit vat voor dat Orania n Staat van sy eie word of dink julle di Wes kaap Sal moontlik voor Dan onafhanklikheid kry.
Dit blyk dat die plante steeds nie gesnoei is nie aangesien sig steeds belemmer is.
Ook sal ek graag wil sien dat werkers ‘n professioneler beeld uitdra terwyl hulle werk.
Kan daar asseblief planne gemaak word om die paaie in kleingeluk te teer
Die inwoners van kleingeluk wag nou al baie jare vir dit om te gebeur en daar is altyd verskonings rondom dit al die nuwe uitbreidings het alreeds teer paaie ens daar was onlangs rand stene in gesit waarvan dit verkeerd gedoen was en oor gedoen moes word en verder nog niks nie
Dit beskadig ons voertuie en die stof is verskriklik erg en ook as dit reen kan n mens skaars op die paaie ry want dan is dit weer vol gate
Kan julle asb iets daaraan doen of moet die inwoners n petisie teken voor daar aandag gegee word daaraan
Kan Orania n YouTube kanaal maak waar ons sport soos Rugby regstreeks kan kyk? Ons will ons mense ondersteun
Nadat ‘n navraag ontvang is (maar nog geen amptelike aansoek ingedien is nie), het die OAB-direksie vir die gemeenskap gevra om insette op hierdie onderwerp te gee. Een van die kanale waardeur mense dit kan doen, is om hul opmerkings op hierdie anonieme forum te plaas. In sulke gevalle is hulle name nie daaraan gekoppel nie, maar is dit ook nie noodwendig sigbaar aan enigiemand nie, so die persoon kan dalk twyfel of hulle insette ontvang is en oorweeg sal word.
Hiermee wil ons net bevestig dat vele sulke opmerkings hier ontvang is en wel ingesluit word by die verslag wat aan die OAB-direksie gelewer sal word.
Wat is n realistiese manier op 2.7 miljoen Afrikaners in Orania te kry binne 30 jaar?
Dit kan tog nie onmoontlik wees?
Daar is n diep slag gat in Beril Straat as gevolg van n slot wat oor die pad gegrou is, en nooit weer ordenklik toe gemaak is met beton na dat die werk voltooi is. Dit is nou al so vir omtrent 3, dalk langer. Ek weet nie of die inwoners van Beril straat dit al gereporteer het nie.
Hoe hartseer is dit dat ou Jannie nie daardie 7.1 miljard vir sy volk kon gegee het nie.
Ek het pas die aanbeveling van die verblyfregkomitee ontvang rakende die hantering van besoekers. Ek dink dit is ‘n nugtere aanbeveling en ek steun dit ten volle.
Hoeveel sportgronde is daar in Orania? Sover ek weet; net een. Dit is dus die sportgrond, of beter: die sportterrein. Sportgronde is ‘n direkte vertaling uit die engels. Sies man!
Die plantegroei by die Olienhout/Soetdoring Sirkel by hoek van ouetehuis belemmer sig vir bestuurders wat in Olienhout van Orania Wes se kant af kom. Hierdie bestuurders is veronderstel om toe te gee vir verkeer vanaf die Dorpskantoor se kant maar die plantegroei is van so aard dat jy nie die verkeer van daardie kant af vinnig genoeg kan raaksien nie. Kan die plantegroei vervang word met iets waaroor daar gesien kan word asseblief?
Komplimente vir die flinke interim herstel / netjiesmaak by Pêrel- & Saffierstraat-Wes langs die skuifhek.
Ek is wel nuuskierig oor glasherwinning. Word die skeiding en aparte uitsit van glas, ter wille van herwinning, steeds aangemoedig? Rede vir die vraag is die groot hoop glas (gemeng met grond en ander materiaal) op die stortingsterrein, wat moontlik die teendeel inhou.
In sommige SA-stede waar herwinning gedoen word, is die haweloses dikwels die amptelike insamelaars vooruit met die insameling van glashouers, juis oor die vergoedingswaarde wat dit vir hulle inhou.
Ek verneem graag.
Groete.
Goeiedag, graag wil ek ook net voorstel maak dat die Regsspanne darem bietjie mense kennis het. Nie om te oordeel nie maar om te voorkom dat verkeerde persone ons dorp mag beïnvloed.
- Baie dankie.
VLAKVARK. Eie aan ons gebied. n Dier wat verbind word met baie staaltjies van jagters. n Dier met sy eie persoonlikheid. n Dier met ook n komiese sy. Familie dier. n Dier wat jy nie kaalhande aandurf nie. Maar, BO ALLES, gehard, taai, aanpasbaar, oorleweraar onder moeilike omstandighede. Die VLAKVARK is simbolies van ons Afrikaners hier in Orania.
Is die gerugte wat ek gehoor het waar dat sekere industrieë wat in Orania wou vestig (bv rondom die vliegveld) dit op die einde nie gedoen het nie omdat die besigheidsmanne nie aan sekere onredelike eise van Orania se leierskap wou voldoen nie?
Ek merk dat dit steeds slordig lyk rondom die netjiese westelike skuifhekke, by die Pêrellaankruising, wat waarskynlik so ‘n jaar terug installeer is. Wat het die kontrak of aanstelling behels, wat betref die ou draadheining tot daar, wat seker deels weggesny moes word, maar nou net so afgekou en opgerol laar lê?
Sal julle ASSEBLIEF die 2 slaggate by die skuifhek by Orania – Oos herstel? Julle diens is gewoonlik fantasties en ek hoop hierdie probleem sal ook binnekort so goed soos altyd opgelos word.
Goeie dag Orania Span
Ek is goed ingelig oor jul beleid oor dwelmgebruik in Orania, en ek wil juis nie hierdie opmerking daarop rig nie.
Wat ek dus oor vra is wat jul dink oor die hemp plant en die kweek en aanplanting daarvan vir die maak van konstruksiemateriaal en klere ens.? Ek glo julle mis uit op ‘n grootskaalse industrie wat kan ontstaan.
Daar is n nuwe STOPTEKEN aangebring voor Melk en Heuning, kruising met Perellaan, vanaf Knapsak se kant. Sal Dorpsraad ASSEBLIEF n kennisname op telegram ens uitstuur dat ons inwoners hiervan kennis neem? Dit was voorheen n toegee-teken en ons inwoners moet kennis neem asseblief!
Goeie dag, kan daar asb aandag gegee word aan die lang gras op die onbeboude erwe asook die erwe wat nog nie verkoop is nie. Ek is in Karoosig en daar is verkoopte erwe asook erwe wat nog nie verkoop is nie maar die droë gras is lank en is ñ brand gevaar volgens my. Die mense loop deur die erwe vanaf kleigeluk en meeste rook en gooi hul stompies in die veld. My voorstel is dat die eienaars van die verkoopte erwe met bossiekappers die lang gras sny en dan die erwe wat nie verkoop is nie sê eienaars (dalk OOM) dit laat sny ? Groete.
Hoe gaan Orania reageer op hierdie wet indien dit ingestel word?
Kan julle asseblief die praatjie wat gegee is deur Jan Van Zyl vandag oplaai op YouTube?
Watse tipe werk is tans in aanvraag op Orania.
Is dit moontlik om meer kommunikasie hieroor uit te stuur aan die publiek sodat ons mense weet.
Ek verstaan Orania is n vrye mark en almal doen hulle eie ding. Maar dit sal goed wees om te weet wat alles nodig is in Orania.
Dankie vir alles wat julle doen.
Sportgronde s ‘n taalfout. Net soos sand, leem en klei het grond geen meervoud nie. Die regte woord is sportterrein.
Goeiedag, ek het verneem dat die beskuldigde wat n ander meisie met n minora lem aangeval en beseer het steeds in Orania woon en werk ten spyte daarvan dat haar verblyfreg opgehef is.
Is daar n sekere tyd gekoppel wanneer sy die dorp verlaat of weier sy om die dorp te verlaat?
Kan die dorpsraad dalk die gemeenskap op hoogte bring van die feite rondom haar verblyfreg?
Indien sy weier om die dorp te verlaat moet die gemeenskap eintlik by haar werksplek opdaag en eis dat sy die dorp verlaat.
Hierdie gaan n presedent skep vir toekomstige oortreders as sy net in die dorp aanbly.
Dít is wat Orania anders maak. Ons duld nie mense wat n gevaar vir ons inwoners is nie. As nodig moet die gemeenskap hulle self uitwerk (wegjaag)
Goeie dag.
As ek n huis wil koop in Orania en weer later verkoop. Wie bepaal die waarde van die huis? Mag ek dit verkoop vir die prys wat ek wil of bepaal die aandeelblokskema hoeveel die huis in die mark gesit word vir.
Dankie.
Wat is die meeste moontlike groei in inwoner getalle wat Orania sal kan handhaaf in n tydperk van die volgende 10 jaar?
Is dit moontlik om n 100 000 Afrikaners in Orania te kry in 10 jaar?
Ek wil n voorstel maak dat daar dalk n toegee teken opgerig word by die kruis van Saffierstraat wes en Pêrellaan wes in die rigting van die R369, om veral karre wat wil regs indraai by Saffierstraat n kaans te gee, omdat as daar meer dan een kar staan, dan staan die karre oor die R369 terwuil hulle wag vir karre wat aankom in Pêrellaan voor hulle kan indraai in Saffierstraat in.
Die toegangshekke is uiters gevaarlik want dit laat Oraniërs weerloos langs die R369 terwyl hulle hul voertuie moet verlaat om dikwels beide hekke oop en toe te maak. Ontvoering en kapings is maar twee moontlike bedreigings.
Verder veroorsaak dit dat voertuie dikwels in die kruisiging staan en wag vir n voorste kar om hekke oop en toe te maak.
Beman die hekke of laat dit oop deur die nag.
Dit is tog logies.
Vir wie dit mag aangaan,
Orania het reeds pragtige gemerkte straatname, maar myns insiens is dit nie voltooid voordat die huise in so n straat ook duidelike nommers het nie.
Vele huise in Orania het nie so iets nie en indien wel is dit nie van die pad af duidelik sigbaar nie. Ek vind dat so iets belangrik is omdat dit andersins n onmoontlike taak word om iemand op te spoor. Bv. Indien daar met n noodgeval dringend n ambulans ontbied word sal dit baie moeilik wees vir die ambulans personeel om so iemand op te spoor.
Die voorstel is dus om mense te vra om self vir hul huisnommers te laat maak. Mense doen sulke dinge altyd makliker as dit vir hulle maklik is. En daarom sou dit miskien n goeie idee wees om reeds n verskaffer met n nommer en n prys te koppel aan so n boodskap. Dalk moet mens dit as n vereiste te stel by die bou van nuwe geboue, om n groter probleem vir die toekoms te vermy.
Groetnis van nog n Oraniër
Wanneer gaan die dorpsraad ingryp by die hospitaal. Ons mense sit sonder diens na ure en moet dan net noodgedwonge hopetown toe gaan waar ons weet hulle gaan ons nie kan help soos ons eie nie.
Iemand het nou die dag nierstene gekry en was 3 dae in die hospitaal en die dr en staff en hulle finominaal gehelp. As hy sou hopetown toe gaan sou die persoon nie hierdie behandeling ontvang het nie.
Hoe is dit dat die helikopter ook nie meer hier kan land nie. Ek dink dit is baie belangrik om die dorp in te lig.
Ons gaan die hospitaal moet help nou nou maak die hospitaal toe en dit is een van ons dorp se eerste kyk plekke vir ons besoekers. Baie vrae waar is die hospitaal. Op die oomblik is dit nie ñ hospitaal nie maar ñ dokter praktyk.
Julle gaan moet ingryp…….asb asb asb ons senuwees is klaar om te dink die naaste plek war ons miskien kan help is hopetown en dan voel ons nie eers oortuigend dat hulle sal nie.
Hiermee n vraag aan die Dorpsraad i. V. M. Die Oramed hospitaal. Ek persoonlik is bekommerd is oor ons hospitaal wat nie tans fuksioneer nie behalwe konsultasies 5 dae n week. Dis werklik kommerwekkend om nie n ongevalle afdeling te hê nie, en n dorp kan mos nie sonder dit wees nie. Hier baie mense met wie ek al self gepraat het wat ook bekommerd is. Alhoewel die ambulans dienste ons na Hopetown toe neem, is almal reeds bewus dat Hopetown hospitaal die Oraniërs nie vetwelkom nie en ek was self daar met n persoon wat ek moes gaan haal het. Hulle is ons net glad nie goedgesind nie, en uit my eie verpleeg ondervinding is dit regtig kommerwekkend dat ons hospitaal nie in volle werking is nie, wat as n krisis ons dorp tref? Gebreekte bene, hartaanvalle, beroerte aanvalle, ens… Kan u as dorpsraad nie asb na die situasie kyk nie.. Weet net ons as publiek praat onder mekaar en is baie bekommerd.. En dan ons ouetehuise se staats pasiente… Toe die hospitaal nog in volle werking was, was dit wonderlik om te sien hoe goed die mediese pasiente wat oornag gebly het, versorg was.. Is daar vir ons rede tot kommer? Is daar planne op die tafel ivm ORAMED HOSPITAAL? Ons sou graag terugvoer as publiek wil hê.. Die hospitaal was vir ons n baie groot plus punt en nou lyk ding nie goed nie. Baie dankie vir die lees van ons bekommernis.
Op die hoek van Marmerstr en Amarilstr lê daar baie sand wat ingespoel het na die reën. Reg voor Alta Burger se huis ook. Dit sal gaaf wees As dit verwyder kan word. Dig lyk al soos n gronfpad. Gawe groete
Dit is nou al n geruime tydtjie wat daar elke dag Motorfietse hier in die straate jaag veral in kliengeluk dit maak mens se honde so verboureed mens weet nie meer wat om te doen om jou honde kinders klam te hou as die Motorfietse so jaag nie en dan wat nog van hulle dra nie eers valskerm nie kan daar nie asb iets daar omtrent gedoen word nie
Die voorgestelde nuwe Dorpsplein sal nooit realiseer tensy werkskepping nie dramaties toeneem nie. Die plein is die plek waar die geld uitgegee moet word, maar waar us die teenpool waar die inkomste gegenereer moet word wat daar en op behuising spandeer moet word. Ons hol nou al jare om hierdie kwessie maar niks word daaromtrent gedoen nie. Geen eksterne belegger wat n rendament op sy belegging soek gaan miljoene aan n geboue of geboue soandeer as hy nie iets daaruit gaan maak nie. Nie almal kan soos Solidariteit geboue bou sonder winsbejag omdat hulle die ideologie probeer bevorder nie. Hierdie voorstelle en die burgermeeste se onlangse brief met visies van n internasionale kughawe, ambassades ens is niks anders as n poging om mense daarbuite na Orania te probeer lok deur hierdie uiters rooskleurige ontwikkelingsprentjie te skilder nie. In wese verskil dit weinig van Ramaphosa se hoetegnologie stad wat hy vyf jaar terug al by Lanseria aangekondig het en intussen het nog geen beleggers na vore getree nie, en dit met miljoene inwoners in daardie omgewing. Kom wees nou realisties, ons kan nie eers n ATM in plek stel nie maar ons droim van n megadorp?
Die Kruger Beeld Voetstuk soos voorgestel deur Christiaan van Zyl is absoluut aaklig met geen relevansie tot die oorsprinklike voetstuk of Orania nie. Om dit meer by Orania te laat pas moet dit met klip gebou en baie ruwer gebou wees as die gladde ou steentjies wat hy voorstel. Ons is n ruwe, harde wereld, nie n gesofistikeerde samelewing met sulke onvanpaste argitektuur nie. Ek dink julle moet of n referendum hou oir die vorm daarvan of n kompetisie uitskryf oor die ontwerp daarvan.
Ek vra of daar beplande veranderinge aan Tolbosweg aangebring gaan word? Die rede is dat ‘n skraper so ongeveer twee weke terug daar geskraap het en die pad heel belemmer het, die pad was nog nooit in 25 jaar so sleg nie
Goeie dag,
Dankie vir alles wat julle doen vir ons mense.
Is daar planne om n groter hospitaal/kliniek op te sit nou dat die bevolking oor 3000 trek.
Ek sal ook graag wil weet wanneer Orania beplan om rerig te petisie vir totale onafhanklikheid. Ek weet so n proses is natuurlik baie kompleks, maar wat is die gesprekke rondom die?
Weereens dankie vir wat julle doen.
Groete
Ek wil weet of julle bewus daarvan is dat daar ‘n Nama groep wat bekend is as die Afrikaners? Kan hulle ook in Orania kom bly, want hulle was eerste Afrikaners voordat julle hulle naam vir julleself geeien het.
Daar is bewerings dat sekere mense in Orania, as gevolg van hul posisies, daarmee wegkom om immoreel en sedeloos op te tree, terwyl ander “gewone” mense dit nie mag doen nie. Hoekom is dit so?
Ek verstaan dat teerpaaie en randstene ingereken word by nuwe erfpryse, en dat begroting groot rol speel in die agterstand van Kleingeluk se paaie. Randstene word op sekere dele in Kleingeluk nou en DAN geïnstalleer, maar die inwoners eis dat die Dorpsraad ‘n tydlyn gee van wanneer watter strate “opgegradeer” gaan word. En moet nie asb. ‘n diplomatieke antwoord gee nie. Praat reguit met ons. Dankie vir die ander dingetjies wat julle vir ons doen.
Volksvreemdes bly in Orania vir weke en sien en hoor en ervaar antagonisme. Ons is nie meer veilig nie. Ons skole gaan volgende geteiken word. Daar is 5 ingange na Orania. Wat gebeur as daar net 6 busse vol van Bravos stop by elke ingang? Is ons NOG STEEDS VEILIG NA DESE? DIE man wat ja sê is volgens my term en verstaan van die term normaal…. NIE NORMAAL NIE.
Hoeveel Orania Beweging lede is daar buite Orania wat maandeliks bydra?
Orania: ‘n Siening oor dié volksvestigingsprojek.
Oor dié dorp met sy vars benadering tot ‘n leefwêreld vir ons volk, het feitlik elke tweede persoon ‘n eie mening, goed of sleg.
Ongelukkig het dié menings meestal ‘n swak ingeligte basis.
Dit bemoeilik die taak om dié wanpersepsies reg te stel.
Die woordvoerders wie se taak die regstelling daarvan is, moet dus op hul tone wees.
Dis ongelukkig hier waar daar, na my mening, klei getrap word.
Die Afrikaner se geskiedenis is besmet met gebeure wat daarop gemik was om hom te verdeel en sodoende te vernietig. Baie is nuwe denkrigtings ingelei, wat nie noodwendig ‘n slegte ding was nie, dit het stagnasie voorkom.
Vooruitgang teer immers op prikkeling.
Die klein jakkalsies wat ons wingerd verniel is die walgooiers daarteen.
Vir baie ywerige ‘woordvoerders’ skyn die Christelike geloof bloot ‘n reeks dogmas tot die bekomming van mag te wees en nie ‘n gerigtheid tot God as ons bron tot die goeie nie, maw Liefde, Waarheid en Genade nie.
Die Christen wat hiertoe gerig is, besef sy nederige stand en hou dus sy gemoed oop in aanskoue van Hiérdié raaisel in ‘n spieël waarvan hy as Christen bewus is.
Laat ons dus versigtig met dogma omgaan, dis nie ‘n roede tot magsmisbruik nie.
In die dae van Koot Vorster het ons ‘n oordosis daarvan gehad. Dit het mý byna vervreemd gehad.
Baie het daardeur totaal hul Afrikanerskap prysgegee, maar die destydse debat daaromheen het wel ‘n heilsame uitwerking gehad.
Herhaling mag nie toegelaat word om ons skippie te sink nie.
Groete.
Ek hoop nie ek is te laat hiermee nie.
Openbare ruimtes, bv die swembad, trappe, stoepe en binne winkels behoort rookvrye areas te wees. Wetlike vereistes tov afstande vanaf winkelingange vir rokery behoort afgedwing te word. Openbare byeenkomste bv karnaval of osbraai op die rugbyveld, aandmark en kersboom by kuierstoep, behoort rookvrye byeenkomste te wees.
Die sypaadjie Vanaf Volkskool op in Smaragstraat verby OSK, die winkelsentrum tot bo na die draai se bome is in ‘n baie slegte toestand.
1. Kleiner bome groei skeef en word nie ondersteun deur ‘n regop paal nie.
2. Party bome is dood en word nie vervang nie.
3. Meeste bome se lote van onder van die stam af word nie afgesny en instand gehou nie.
4. Die gras om dit word baie selde gesny en in stand gehou.
5. Die beddings om die bome word nie skoongemaak nie en loop die besproeiingswater gou-gou oor die rant.
Hierdie sypaadjie is in die oog en lyk glad nie goed nie.
Dankie.
Daar word beweer dat die meningsopname wat die dorpsraad uitgestuur het anoniem is, maar ek glo dit nie en dink hulle gaan my aanval as ek opinies gee waarmee hulle nie saamstem nie.
As entrepreneur in Orania, wil ek graag Orasol, die Dorpsraad en enige ander belanghebbende hartlik bedank vir die aankoop en implementering van die battery. Ek dink nie jul besef wat dit vir ons as besigheidseienaars beteken nie. Veral dié wat elektrisiteit ononderbroke nodig het om te oorleef in ‘n klein ekonomie soos Orania.
Baie dankie daarvoor.
Groetnis
Daar was laas week een aand ‘n waterpyp naby meester se draai wat langs die pad gelek het, maar niemand het die foon geantwoord by die Dorpsraad nie so ek kon dit eers die volgende dag aanmeld en daar het onnodig ‘n klomp water gemors.
Die pad wat afgaan rivier toe word deur baie besoekers en inwoners gebruik en skep ‘n slegte indruk omdat dit so rof en stowerig is. Dit moet geteer word.