Ons bou die stad!

Uitvoerende Hoof

Uitvoerende hoof

ons bou die stad!

Die uitvoerende hoof van Orania Dorpsraad staan in die volksmond bekend as die dorpsbestuurder.

Die kantoor van die dorpsbestuurder is waar die strategiese besluite wat geneem word om uitvoering aan Orania se Godgegewe roeping te gee, met die kundige insette en voorstelle van die onderskeie afdelingshoofde in prakties uitvoerbare beplanning omskep word. 

Die dorpsbestuurder is ‘n belangrike skakel tussen:

  • die verkose direksie van Orania Aandeleblok (Dorpsraad) en die administrasie (dorpskantoor), asook
  • die dorpskantoor en die gemeenskap van die Orania-dorpsgebied.

Dit is belangrik dat die kantoor van die dorpsbestuurder, net soos al die afdelingshoofde van die Dorpsraad, baie toeganklik moet wees aangesien dit inwoners in staat stel om kwessies en sake waaroor hulle besorg is, direk met hom/haar/hulle op te neem. Alhoewel dit nie moontlik is om aan alle verwagtinge te voldoen nie, is dit belangrik om die gemeenskap se verwagtinge, wense en frustrasies goed te verstaan. Sodanige voorkennis stel die dorpskantoor in staat om verwagtinge te bestuur in geval van onredelikheid, of om die nodige operasionele aanpassings te maak sodat daar aan redelike verwagtinge voldoen kan word. Goeie en effektiewe kommunikasie met die gemeenskap is derhalwe van kardinale belang.

Gawie Snyman

Departementshoof

Uitvoerende hoof

Verantwoordelikhede:

– Skakel met Raad en Raadsvergaderings
– Strategiese beplanning & bestuur
– Beleidsformulering en statutêre ontwikkeling
– Menslike hulpbronne- en prestasiebestuur
– Publieke verhoudinge/skakeling en kliëntediens

Verantwoordelikhede van die Dorpsbestuurder

Die dorpsbestuurder se verantwoordelikhede sluit onder meer die volgende in:

  • Ondersteuning aan die verkose direksie in soverre dit die bepaling en formulering van strategiese doelwitte betref.
  • Jaarlikse verslagdoening aan die aandeelhouers van Orania Aandeleblok.
  • Ontwikkeling en daarstelling van strukture, prosesse en/of meganismes om uitvoering te gee aan dorpsreëls, direksiebesluite en aandeelhouersbesluite.
  • Bevordering van deelnemende regering deur die ontwikkeling van kommunikasiestelsels en openbare deelnameprosesse, sodat inwoners insette kan lewer met betrekking tot kwessies wat hulle raak.
  • Daarstelling, ontwikkeling en verfyning van strategiese bestuurstelsels vir Orania Aandeleblok ten einde strategiese, ontwikkelings- en diensleweringsdoelwitte te bereik.
  • Effektiewe aanwending van finansiële en menslike hulpbronne.
2.
  • Toesighouding oor die implementering en effektiewe uitvoering van Orania se geïntegreerde ontwikkelingsplan.
  • Daarstelling en ontwikkeling van ‘n ekonomies effektiewe en verantwoordbare administrasie om te verseker dat goeie korporatiewe bestuursbeginsels deurgans gehandhaaf word.
  • Ontwikkeling van strategiese bestuurstelsels om te verseker dat die onderskeie afdelings die verwagte uitkomste wat aan hulle gestel word, bereik.
  • Verskaffing van beide leiding en ondersteuning aan afdelingshoofde met betrekking tot die formulering en prioritisering van uitkomste en ontwikkelingsdoelwitte.
  • Dien ex officio as direkteur van Orania Veiligheidsdienste (OVD), bestuurslid van die Orania Weerbaarheidsvereniging (OWV) asook hoof van Orania se Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS) wat omsien na algehele veiligheid (intern en ekstern) in die groter Orania-grondgebied.

  • Publieke verhoudinge en skakeling deur onder meer:
    • toe te sien dat gereelde terugvoervergaderings met die gemeenskap gehou word oor aktuele kwessies en werksaamhede van die dorpskantoor;
    • toe te sien dat kwartaallikse gesprekke tussen die direksie en die gemeenskap gefasiliteer word;
    • effektiewe kommunikasie met die gemeenskap by wyse van kennisgewings, sosiale media, meningspeilings en gebruikmaking van verskeie ander platforms.

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

017/2026
(Uitgereik op: 16 February, 2026)
Ingenieursdiente
016/2026
(Uitgereik op: 16 February, 2026)
Uitvoerende Hoof
015/2026
(Uitgereik op: 13 February, 2026)
Gemeenskapsdienste
014/2026
(Uitgereik op: 10 February, 2026)
Beplanning en Grondgebruik

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

19
Feb
Thursday 19 February, 2026
- 19 February, 2026
6:00 pm
20
Feb
Friday 20 February, 2026
- 20 February, 2026
6:00 pm
7
Mar
Saturday 7 March, 2026
- 7 March, 2026
8:00 am
27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…