Ons bou die stad!

Verblyfreg

Verblyfreg

Ons bou die stad!

Verblyfreg is ’n voorvereiste om in Orania ’n besigheid te registreer, of eiendom te koop, of te werk, of te woon. Die oogmerk met verblyfreg is nie om mense uit te sluit nie, maar om seker te maak dat almal wat deel van die gemeenskap wil vorm inderdaad verstaan waaroor dit gaan en dat hulle by Orania se manier van doen sal kan inpas.

Verblyfreg word operasioneel deur die Dorpsraad bestuur, terwyl die Verblyfregbeleidskomitee soos saamgestel uit al die grondentiteite waaruit Orania bestaan oor die beleid daarvan toesig hou. Die Kantoor vir Verblyfreg bestaan uit toegewyde personeel wat aansoeke om verblyfreg administratief bestuur.

Orania staan in die geskiedenis van ons volk uit as ʼn baken vir nuwe hoop op ʼn meer regverdige en veilige toekoms.  Orania is elke dag besig om op ʼn praktiese, werkbare wyse met die realiteite van die dag om te gaan.

As iemand in Orania wil leef, staan hy/sy nie in isolasie tot die groter gemeenskap nie. In Orania is elkeen deel van die gemeenskap en die doel wat ons nastreef.

Stuur gerus ‘n e-pos na verblyfreg@myorania.co.za om meer inligting te kry of om die proses om verblyfreg te verkry te begin.

Jan van Zyl

Departementshoof

Verblyfreg

Verantwoordelikhede:

– Mediasies
– Arbitrasies
– Dissiplinêre verhore
– Reëlformulering
– Verblyfregbeleid
– Verblyfregaansoeke
– Verblyfregonderhoude
– Oriëntering
– Inburgering

Ons doel...

Die rede vir verblyfreg neem ons terug na die idee van Orania as ʼn doeldorp. Orania het ʼn groter ideaal wat ag slaan op ons volk se strewe na selfbeskikking. Selfbeskikking beteken, eenvoudig gestel, dat ons as Afrikaners graag oor ons eie sake wil regeer. Dit geskied egter op ’n verantwoordelike en volhoubare wyse.

Die doel van selfbeskikking is voor die hand liggend en kan verduidelik word aan die hand van die gedagte dat ons sélf wil bou, sélf wil bestuur en sélf wil oorleef. Terwyl daar op ander plekke ‘n verval van infrastruktuur, regering en waardes is, wil ons presies die teenoorgestelde wees.

Ons doel is reeds besig om stadig maar seker te realiseer. Ons hou nie van ‘n opswepery en vinnige, maar onvolhoubare oplossings of politieke “punte” nie, maar van werklike, onweerlegbare feite. Konsentreer Afrikaners op een plek, laat hulle hul eie werk doen en demografies sal ons ’n werklike verskil maak. Orania werk dus daaraan om Afrikaners weer op ons eie grond vry te maak en dit geskied deur middel van eie arbeid.

Die oogmerk met verblyfreg – met die voormelde in gedagte – is ten eerste om vas te stel of ’n persoon hom-/haarself met die idee van Orania as doeldorp kan vereenselwig. Hier is dit Afrikaners wat in dieselfde, eenduidige strewe deel. Oraniërs moet ook die beginsel van eie arbeid verstaan en lééf. Eie arbeid beteken nie dat ‘n persoon al sy/haar werk self moet verrig en niemand ooit hand mag bysit nie.

Eie arbeid beteken dat al ons werk deur Afrikaners verrig moet word. Die beginsel van eie arbeid is die manier waarop ons kan verseker dat Orania se doel bereik word en dat ons nie demografies weer uitgeskuif word nie. Eie arbeid spreek ook van ons oortuiging dat al die mense van Suid-Afrika gerespekteer moet word en dat Orania waarlik die plek is waar niemand se arbeid bloot op grond van hul herkoms, minder of meer na waarde geag word nie. Ons gebruik (misbruik) dus nie ander volke om ons werk vir ons te doen nie, ons doen dit self!

Waardes

Ten tweede is dit belangrik dat ’n Orania-inwoner se waardes en leefwyse versoenbaar moet wees met die waardes van die gemeenskap en nie ’n onnodige risiko – soos byvoorbeeld in die geval van misdaad – vir die gemeenskap moet inhou nie.

 

Die Kantoor vir Verblyfreg is graag tot diens van diegene wat deel van ons toekoms wil vorm. Die aansoekproses geskied aanlyn en nuwe Oraniërs word met oriëntering bygestaan. Navrae kan gerus aan die kantoor gerig word.

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

179/2024
(Uitgereik op: 26 November, 2024)
Beplanning en Grondgebruik
177/2024
(Uitgereik op: 21 November, 2024)
Orania Veiligheidsdienste
176/2024
(Uitgereik op: 21 November, 2024)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

6
Dec
Friday 6 December, 2024
Algemeen
6
Dec
Friday 6 December, 2024
- 6 December, 2024
6:00 pm
Algemeen
6
Dec
Friday 6 December, 2024
7
Dec
Saturday 7 December, 2024
8:00 am
11
Dec
Wednesday 11 December, 2024
Algemeen

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…