voorstelle

Eiendomsagente se bemarkingstaal

Deel al die plaaslike eiendomsagenstskappe ons passie / beginsel om 'n tuiste vir Afrikaners te wees? 'n Enkele agentskap bemark soms in engels. Ons sien dit as uiters onvanpas en verloƫnend. Kan hulle asb aangespreek word? (Ons glo dit is moontlik, aangesien besighede by die Dorpskantoor geregistreer is, die OAB 'n Christen Afrikanervisie het, en bg nie strook nie. Ons hoef nie 'n reeks argumente aan te voer nie. Ons noem ook nie die agentskap se naam hier nie, aangesien hulle dit kan regstel, en hierdie teks nog lank op hierdie form gaan staan.)

Terugvoering

Van die Dorpskantoor se kant af (spesifiek die Afdeling Beplanning en Grondgebruik), is die vereistes vir eiendomsagente dat, indien hulle kantore in die dorp het waarvandaan hulle besigheid doen, hul besigheid by die Dorpskantoor geregistreer moet wees en dat hul standaard-eiendomsagentebordjies van 600 x 400 mm eenmalig by die GGBK ingedien moet word vir goedkeuring. Sover bekend voldoen alle Orania-gebaseerde eiendomsagente aan bogenoemde twee vereistes.

Dinge soos sosiale media of ander aanlyn advertensies word nie deur die Dorpsraad gereguleer nie, alhoewel ons dit natuurlik ten sterkste aanbeveel dat alle Orania-besighede, sover moontlik, slegs in Afrikaans handel dryf.

Ons weet egter dat sekere nasionale webwerwe (onder andere sommige van diĆ© waarop eiendomme geadverteer word) van adverteerders vereis om advertensies slegs in Engels te plaas. Sulke gevalle kan dus argumenteerbaar as ’n noodsaaklike uitsondering beskou word vir advertensies na buite (terwyl enige advertensies binne Orania sekerlik uitsluitlik Afrikaans behoort te wees).

Indien enigiemand wil seker maak dat hierdie tipe saak in detail ondersoek word, stel ons voor dat bewyse by OVD ingedien word, sodat dit onder Regspleging se aandag gebring en, waar van toepassing, hanteer kan word. Die persoon wat die saak aanmeld, kan anoniem bly in die proses.

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.noReviewsLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

100/2026
(Uitgereik op: 6 August, 2026)
Ingenieursdiente
099/2026
(Uitgereik op: 5 August, 2026)
Ingenieursdiente
097/2026
(Uitgereik op: 28 July, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

12
Aug
Wednesday 12 August, 2026
- 12 August, 2026
9:00 am
28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am
18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls