168/2025
27 Augustus 2025
Geagte Oraniërs,
2024 FINANSIËLE STATE IS BESKIKBAAR VIR OORWEGING
Opsomming : Die 2024 finansiële state van OAB, OVD, ORASOL en ORANIA INFRASTRUKTUUR is beskikbaar by die skakels hieronder. Vrae daaroor sal individueel beantwoord word en beide die vrae en terugvoere sal ingesluit word by die stukke vir OAB se AJV op 12 September.
Vind hiermee skakels na die Finansiële State vir die jaar geëindig 31 Desember 2024 t.o.v. die volgende entitiete:
– Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk. – gekonsolideerd
https://myorania.com/bylaag-c-gekonsolideerde-finansiele-state-van-oab.pdf
– Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk. – afsonderlik
https://myorania.com/bylaag-d-finansiele-state-van-oab.pdf
– Orania Infrastruktuur (Edms.) Bpk. – afsonderlik
https://myorania.com/bylaag-e-finansiele-state-van-orania-infrastruktuur.pdf
– Orania Veiligheidsdienste (Edms.) Bpk. – afsonderlik
https://myorania.com/bylaag-f-ovd-finansiele-state-2024.pdf
– Orasol (Edms.) Bpk. – afsonderlik
https://myorania.com/bylaag-g-orasol-finansiele-state-2024.pdf
Bovermelde state is reeds aan die onderskeie direksies voorgelê en goedgekeur.
Hiermee word u geleentheid gegun om deur die state te werk en kommentaar daarop te lewer. Alle kommentare se terugvoer sal deur die afsonderlike direksies onder bespreking gebring word en terugvoer sal aan elke individu wat kommentaar gelewer het, gegee word. So sal die kommentare met elkeen se terugvoer in die stukke van die Algemene Jaarvergadering (AJV), wat gehou gaan word op 12 September 2025, saam met die getekende finansiële state ingebind word vir kennisname deur alle aandeelhouers.
Geliewe asb. terugvoer en kommentaar te lewer voor of op Vrydag 5 September om 10:00.
Kommentaar kan gestuur word aan Hoof: Korporatiewe Dienste by janneman@myorania.co.za.
Orania groete,
Janneman Roux
Hoof : Korporatiewe Dienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…