201/2024

GEEN VUURWERKE WORD IN ORANIA TOEGELAAT NIE

Uitgereik op: 30 December 2024
Orania Veiligheidsdienste

0

GEEN VUURWERKE WORD IN ORANIA TOEGELAAT NIE

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

GEEN VUURWERKE WORD IN ORANIA TOEGELAAT NIE

Opsomming : Geen vuurwerke of klappers word in Orania toegelaat sonder spesifieke toestemming daarvoor nie (en geen goedkeurings is toegestaan vir die feestydperk tussen 2024 en 2025 nie).

Let asseblief daarop dat geen vuurwerke of klappers in Orania toegelaat word sonder dat dit spesifiek goedgekeur is nie. Geen geleentheid het hierdie jaar toestemming vir die gebruik daarvan gekry nie en natuurlik ook geen privaat persone nie. Daar behoort dus geen vuurwerke of klappers afgeskiet te word tydens hierdie feestydperk nie.

Dit is welbekend dat troeteldiere sowel as wilde diere in ons omgewing ernstige negatiewe reaksies op vuurwerke kan toon, so verantwoordelike Oraniërs behoort glad nie die oorsaak daarvan te wees deur vuurwerke en klappers af te skiet nie.

Behalwe vir die effek wat die klank op sensitiewe diere en mense het, skep vuurwerke ook ‘n risiko vir onbeheersde veldbrande, wat juis as een van die grootste risiko’s vir Orania geïdentifiseer is tydens die veiligheidswaardering wat in 2024 gedoen is.

Die gemeenskap moet asseblief daarvan bewus wees dat Orania Veiligheidsdienste (OVD) die verbod op die afvuur van vuurwerke en klappers deurgaans sal toepas.

OVD kan gekontak word op 053 207 0089 of 060 501 7877 met navrae hieroor, of u kan, soos altyd, in kontak met die dorpsraad tree oor enige onderwerp, deur van die volgende skakel gebruik te maak:

Vriendelike groete,

Ettiene De Lange

Hoof : OVD

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

017/2026
(Uitgereik op: 16 February, 2026)
Ingenieursdiente
016/2026
(Uitgereik op: 16 February, 2026)
Uitvoerende Hoof
015/2026
(Uitgereik op: 13 February, 2026)
Gemeenskapsdienste
014/2026
(Uitgereik op: 10 February, 2026)
Beplanning en Grondgebruik

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

19
Feb
Thursday 19 February, 2026
- 19 February, 2026
6:00 pm
20
Feb
Friday 20 February, 2026
- 20 February, 2026
6:00 pm
7
Mar
Saturday 7 March, 2026
- 7 March, 2026
8:00 am
27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…