074/2026
11 Junie 2026
Geagte Oraniërs,
GEMEENSKAPSVERGADERING OP 18 JUNIE 2026 OM TERUGVOER OOR DIE GROOT ANONIEME MENINGSOPNAME TE DEEL
Opsomming : Daar sal volgende Donderdagaand om 17:00 vir 17:30 ‘n openbare vergadering in die BKO-ouditorium plaasvind om die bevindings van die groot anonieme meningsopname wat onder die hele Orania-gemeenskap gedoen is, bekend te maak.
Oraniërs sal onthou dat die jaarlikse meningsopname – waarin ons gemeenskap sy sentiment oor ‘n groot verskeidenheid sake kon laat hoor – ongeveer twee maande gelede afgehandel is.
Daar is vele interessante bevindings daaruit gemaak en belangrike tendense oor verskillende aangeleenthede kon geïdentifiseer word. ‘n Mens kan baie duidelik sien waaroor inwoners tevrede is, maar ook watter dinge verbeter kan word.
Hierdie beplande vergadering volgende week sal ‘n opsomming van die opname se bevindinge voorhou, maar die volledige uitslag sal ook dan gepubliseer word vir diegene wat kans sien om self in meer besonderhede deur die groot hoeveelheid “rou” inligting te werk.
Ons nooi dus alle belangstellendes uit om die vergadering by te woon en ‘n objektiewe meting van ons mense se algemene sentiment te sien, wat elkeen se persoonlike gevoelens kan bevestig óf weerlê.
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Orania Dorpsraad – Kommunikasiehoof
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…