063/2025

GESUIWERDE WATER SAL TYDELIK EFFENS TROEBEL VOORKOM

Uitgereik op: 2 April 2025
Ingenieursdiente

0

GESUIWERDE WATER SAL TYDELIK EFFENS TROEBEL VOORKOM

063/2025

2 April 2025

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

GESUIWERDE WATER SAL TYDELIK EFFENS TROEBEL VOORKOM

Opsomming : Gesuiwerde water mag vir ‘n rukkie effens troebel voorkom, maar is steeds heeltemal veilig om te drink.

Neem asseblief kennis van die volgende punte rakende Orania se gesuiwerde water:

1. As gevolg van die goeie reënval in ons omgewing die afgelope tyd, is die Oranjerivier se water modderiger as normaal, wat veroorsaak dat ons gesuiwerde water ook tydelik effens troebel is.

2. Die waterkwaliteit van die rivier fluktueer redelik baie na gelang van die intensiteit van die reënval (omdat stormwaterafloop na die rivier gedurende swaar reënperiodes toeneem). Ons suiweringstelsel moet voortdurend daarby aanpas, wat klein verskille in die finale produk kan veroorsaak.

3. Weerlig tydens ‘n onlangse donderstorm het die outomatisering van die watersuiweringsaanleg beskadig, maar ons personeel monitor die stelsel deurlopend om seker te maak dit funksioneer steeds volgens ons hoë standaarde.

4. Periodieke laboratoriumtoetse van die rivierwater vind steeds plaas soos normaalweg, om te verseker dat geen gevaarlike besoedeling teenwoordig is nie.

5. Die gewone daaglikse toetse op die gesuiwerde water word ononderbroke voortgesit om te verseker dat dit veilig en drinkbaar bly.

Inwoners kan dus gerus voortgaan om die gesuiwerde water soos altyd te gebruik, selfs al lyk dit af en toe effens troebel.

Vriendelike Groete ,

Andre van Heerden

Hoof: Ingenieursdienste

U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : https://myorania.co.za/kontak-ons/

Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

208/2025
(Uitgereik op: 6 November, 2025)
Ingenieursdiente
207/2025
(Uitgereik op: 6 November, 2025)
Beplanning en Grondgebruik
206/2025
(Uitgereik op: 3 November, 2025)
Algemeen
205/2025
(Uitgereik op: 31 October, 2025)
Maatskappysekretaris

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

8
Nov
Saturday 8 November, 2025
8:30 am
10
Dec
12
Dec
16
Dec
Tuesday 16 December, 2025
- 6 April, 2025
Algemeen
26
Dec
Friday 26 December, 2025

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…