019/2026

INTERNASIONALE AFVAARDIGINGS BESOEK ORANIA

Uitgereik op: 18 February 2026
Algemeen

0

INTERNASIONALE AFVAARDIGINGS BESOEK ORANIA

019/2026

18 Februarie 2026

Geagte Oraniërs,

INTERNASIONALE AFVAARDIGINGS BESOEK ORANIA

Opsomming : Ons deel graag hiermee ‘n belangrike skrywe vanaf die Orania Beweging aan ons gemeenskap. Dit sal konteks gee vir baie Oraniërs wat dalk in kontak gaan kom met goedgesinde internasionale besoekers wat binnekort heelwat tyd in ons dorp gaan spandeer.

Die Orania Beweging skryf as volg :

“In Februarie en Maart ontvang Orania belangrike afvaardigings van ons internasionale vriende, wat deel van ’n reeks belangrike skakelgeleenthede sal uitmaak. Dit is vir die Orania Beweging belangrik om ons inwoners hieroor ingelig te hou.

Orania trek internasionaal aandag, maak opslae en lok belangstelling. Terwyl Afrikaners soms in Suid-Afrika aangeval word, maak ons wonderlike vriende in ons stamlande, die VSA en ander nuwe lande.

Die Orania Beweging, Orania Ontwikkelingsmaatskappy, Orania Dorpsraad en die Orania Verteenwoordigende Raad het in 2022 en 2025 skakeltoere na Europa en die VSA onderneem om steun vir ons saak, belegging, erkenning en meer te werf.

Nou is dit vir ons ’n groot vreugde om aan te kondig dat van die groot rolspelers wat ons daar besoek het, besluit het om afvaardigings na Orania te stuur! Die konserwatiewe Vlaamse party “Vlaams Belang”, wat al vir baie jare Afrikaners en Orania ondersteun, se partyleier kom self besoek aan Orania bring.

Partyleier Tom van Grieken, ’n uiters gewilde politieke rolspeler in België wat sy mense se kultuur en identiteit beskerm, sowel as Kristof Slagmulder, parlementslid van Vlaams Belang, besoek Orania en Suid-Afrika. Tom het ook onderneem om namens die Vlaminge ’n amptelike groeteboodskap by die bekendstelling van die Stadsboufonds op Maandag 23 Februarie in Orania voor te dra. Ons nooi Oraniërs uit om hierdie geleentheid by te woon en self hierdie afvaardiging te kom ontmoet.

Orania se skakeling in die VSA het ook vrugte afgewerp. Amptelike regeringstrukture het verskeie vergaderings met Orania-afgevaardigdes aangevra, wat deur verteenwoordigers van Orania in Washington bygewoon is. Die Republikeinse instelling in New York, “New York Young Republican Club”, het ’n hand van vriendskap na Orania uitgesteek. Hulle het ons nie net genooi as gaste en sprekers by twee uiters uitgelese geleenthede nie, maar was ook van die eerstes om Orania te verdedig teen aanvalle deur die EFF.

Die NYYRC het ’n amptelike pro-Orania-standpunt, en ’n standpunt teen die EFF, gepubliseer. Die groep se president, Stefano Forte, het ook ’n oproep aan die Trump-administrasie gerig waarin hy voorgestel het dat amptelike afgevaardigdes van die VSA-regering in Suid-Afrika moet toesien dat Afrikaners se kulturele regte beskerm word.

“I had the personal honor of hosting a delegation from Orania as President of the New York Young Republican Club. I speak from firsthand experience when I say that if there is any group the United States should be allying itself with in South Africa, it is this community. The very values that we regard as the epitome of the American Dream – self-reliance, hard work, and undying determination – have made the Afrikaners targets in their homeland,” het Stefano geskryf.

Stefano Forte en sy afvaardiging het ook versoek om ’n besoek aan Orania te bring. Hulle besoek sluit ook ander geleenthede in Suid-Afrika in, en hulle tree ook by die Lex Libertas “Future of Nations”-kongres op.

Ons het ’n versoek gerig dat Stefano en sy klub se lede ook die gemeenskap van Orania toespreek. Meer besonderhede daaroor sal volg.

Ons is dankbaar teenoor al ons vriende en ondersteuners wat die Afrikaner en Orania vanuit die buiteland bystaan.

Ons gemeenskap is telkens ’n toonbeeld van gasvryheid en vriendelikheid, en daarvoor is ons diep dankbaar.

Mag Orania ook onder ons internasionale vriende bekend staan as ’n gemeenskap waar ons ons Hemelse Vader se koningsheerskappy op aarde uitleef in ons alledaagse waardes, sodat Orania nie net ’n politieke model is nie, maar ’n getuienis aan Suid-Afrika en die hele wêreld.

Enige navra hieroor kan na joost@orania.co.za gestuur word.

Soli Deo Gloria

Joost Strydom
Uitvoerende Hoof : Orania Beweging”

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

023/2026
(Uitgereik op: 6 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
022/2026
(Uitgereik op: 5 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
021/2026
(Uitgereik op: 23 February, 2026)
Uitvoerende Hoof
020/2026
(Uitgereik op: 20 February, 2026)
Outomatisering en Digitalisering

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am
15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…