Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
INWONERTAL VAN ORANIA SENSUS 2024 WORD BEKEND GEMAAK
Opsomming : Orania se bevolking het in 2024 tot 3 025 gegroei, ‘n toename van 5.25% vergeleke met 2023.
Die resultate van Orania se sensusopname van Desember 2024 is bekend gemaak en dit is bemoedigend om te sien dat die dorp steeds gesonde groei toon, ten spyte van die negatiewe invloed van politieke druk en moeilike ekonomiese toestande, nie net binne Orania nie, maar ook in Suid-Afrika.
Die inwonertal het met 151 persone (5.25%) gegroei, vanaf 2 874 aan die einde van 2023 tot 3 025 aan die einde van 2024, wat 21 geboortes insluit.
In 2020 het Orania se inwonertal vir die eerste keer 2 000 oorskry (met ‘n presiese getal van 2 066), so die feit dat hierdie syfer in 2024 reeds 3 000 verbygesteek het (‘n gemiddelde groei van meer as 10% per jaar) dien as ‘n duidelike bewys van die sukses en gewildheid van ons dorp en ons strewe na ‘n vrye toekoms vir Afrikaners.
Alle woonbuurte se inwoners het vermeerder, maar Kleingeluk is vir die eerste keer ooit die mees bevolkte woongebied in Orania, met 854 inwoners.
Die groei in die hoeveelheid inwoners in die verskillende grondentiteite, asook in die verskillende woongebiede van die OAB dorpsgebied, word hieronder weergegee.
Die volledige Orania Sensus 2024 dokument, wat heelwat meer inligting as bloot die hoeveelheid inwoners bevat, word later in die jaar (ongeveer Oktober) gepubliseer.
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak, oor enige onderwerp, deur die volgende skakel te gebruik: $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Groete,
Cobus Pretorius
Hoof : Beplanning en Grondgebruik
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…