108/2025

LAASTE OPENBARE DEELNAMEPROSES OOR OPRIGTING VAN PRES. KRUGER-STANDBEELD

Uitgereik op: 5 June 2025
Beplanning en Grondgebruik

0

LAASTE OPENBARE DEELNAMEPROSES OOR OPRIGTING VAN PRES. KRUGER-STANDBEELD

108/2025

5 Junie 2025

LAASTE OPENBARE DEELNAMEPROSES OOR OPRIGTING VAN PRES. KRUGER-STANDBEELD

Opsomming: Die laaste geleentheid vir openbare deelname voor die beplande oprigting van die Pres. Kruger-standbeeld, strek van 5 Junie tot 26 Junie 2025.

Inwoners sal onthou dat daar vroeg in 2024 ’n openbare deelnameproses was oor die voorgestelde ontwikkeling van ’n nuwe stadskern/plein, wat onder andere ’n replika-standbeeld van pres. Paul Kruger sal insluit. Hierdie voorgestelde ontwikkeling word in geheel deur die Orania Ontwikkelingsmaatskappy (OOM) gedryf en befonds, so Orania Dorpsraad sal dus geen risiko in die proses dra nie. In Kennisgewing 054/2025 is die vordering van die projek verduidelik en in Maart 2025 was daar ’n openbare gespreksgeleentheid met OOM en die argitek, waartydens genoem is dat verdere insette van die gemeenskap oor sekere onderwerpe gevra sal word.

Die tyd het nou aangebreek vir inwoners om vir die laaste keer hul insette te lewer oor spesifiek die oprigting van die Pres. Kruger-standbeeld, wat beplan word om gedurende Julie 2025 te begin, sodat dit moontlik op 10 Oktober (pres. Kruger se 200ste verjaarsdag) onthul kan word.

Na afloop van hierdie tydperk (5 tot 26 Junie), sal die finale oorweging deur die Grondgebruik- en Beplanningskomitee (GGBK) en die Orania Grondgebruiktribunaal (OGT) gedoen word en sal alle vorige insette ook in ag geneem word.

Die aangehegde skets wys hoe die standbeeld en voetstuk sal lyk.

Belangstellendes is welkom om tydens kantoorure die volledige aansoek wat OOM hiervoor ingedien het by die Dorpskantoor te besigtig. Voorstelle en vrae kan aan die hoof van die afdeling Beplanning en Grondgebruik, Cobus Pretorius, gerig word by cobus@myorania.co.za of by 053 207 0063.

Vriendelike groete,

Cobus Pretorius
Hoof : Beplanning en Grondgebruik

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

023/2026
(Uitgereik op: 6 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
022/2026
(Uitgereik op: 5 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
021/2026
(Uitgereik op: 23 February, 2026)
Uitvoerende Hoof
020/2026
(Uitgereik op: 20 February, 2026)
Outomatisering en Digitalisering

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am
15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…