160/2025
22 Augustus 2025
Geagte Oraniërs,
LENTE REGRUK OP VRYDAG, 29 AUGUSTUS
Opsomming : Almal word uitgenooi om volgende Vrydagoggend aan die Lente Regruk deel te neem.
Hiermee ’n vriendelike uitnodiging na ons jaarlikse Lente Regruk volgende Vrydag.
Vir diegene wat nog nie voorheen hieraan deelgeneem het nie: die Lente Regruk is ’n dag waar ons, aan die begin van die lenteseisoen, as ’n gemeenskap bymekaarkom en vir ’n uur of twee saamwerk om enige los rommel en vullis wat gedurende die wintermaande in ons dorp langs die paaie en sypaadjies beland het, te verwyder. Dit is ’n trotse gemeenskapspoging om ons verbintenis tot ’n skoon, ordelike omgewing te bevestig deur self skouer aan die wiel te sit.
Die reëlings is soos volg:
1. Ons kom net voor 08:00 by die grasperk voor die Dorpskantoor bymekaar. Ná ’n kort opening sal ons koffie en koekies geniet met komplimente van die Dorpsraad. Soos voorheen het ons ander instellings genooi om by ons aan te sluit, maar almal wat dalk nie uitnodigings ontvang het nie, is meer as welkom.
2. Ordereëlings sal tydens die opening gekommunikeer word en ons maak seker dat almal gehelp word met waar en in watter span hulle ingedeel is.
3. Ons vertrek daarna vanaf die Dorpskantoor. Daar word voorsiening gemaak vir vervoer van die verskillende spanne na hul dienspunte, maar privaat vervoer kan beslis help vir diegene wat voertuie het.
4. Elke span sal ’n aangeduide punt hê waar hulle alle rommel kan agterlaat. Die vullistrok sal dit later verwyder.
5. Onthou ’n waterbottel en sonroom – veral vir diegene wat nie gewoond is daaraan om lank buite te spandeer nie. Handskoene is opsioneel, maar word aanbeveel. Julle is ook welkom om self iets saam te bring om aan te peusel.
6. Ons sal vooraf tydens die opening swartsakke verskaf, maar stel voor dat u self ook ’n sak of twee saambring vir ingeval daar te min is.
Vir enige onsekerhede of navrae, kontak gerus vir Marieta Pringle by 082 264 1486.
Ons sien uit daarna om volgende Vrydag ’n heerlike dag saam met julle te spandeer en terselfdertyd ’n bydrae te maak tot Orania se netjiese voorkoms.
Vriendelike groete,
Arno Lambrechts
Hoof : Gemeenskapsdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…