158/2025
22 Augustus 2025
Geagte Oraniërs,
OAB SE 34’STE ALGEMENE JAARVERGADERING
Opsomming : Hiermee word al die nodige inligting rakende die opkomende OAB AJV versprei, insluitend die name van huidige direkteure en diegene wat tans verkiesbaar is, asook skakels na relevante dokumente.
Die direksie van Orania Aandeleblok (RF) (Eiendoms) Beperk (OAB) het reeds aan alle aandeelhouers kennis gegee dat ’n algemene jaarvergadering op Vrydag, 12 September 2025 in Orania se gemeenskapsaal gehou sal word. Met hierdie skrywe ontvang u die volledige inligting wat u sal benodig ter voorbereiding vir die vergadering.
Indien u nie die vergadering kan bywoon nie, mag u die aangehegte volmagvorm gebruik om iemand aan te stel (wie nie ’n aandeelhouer hoef te wees nie) om u tydens die vergadering te verteenwoordig. In die geval waar ’n regspersoon as aandeelhouer verteenwoordig word, moet volmag aan ’n natuurlike persoon gegee word. Alle volmagvorms moet voor of op Woensdag, 10 September 2025 om 15:30 by die Orania Poskantoor in die aangewese bus geplaas of per e-pos gestuur word aan oraniastem@gmail.com.
Let egter daarop dat geen persoon wat kragtens die bepalings van paragraaf 19.10 van OAB se akte van oprigting, as gevolmagtigde optree, namens meer as vyf aandeelhouers mag optree nie. Indien meer as vyf volmagte wat sodanige persoon as gevolmagtigde aanwys ontvang word, sal die maatskappysekretaris geregtig wees om na goeddunke te besluit welke vyf volmagte geldig is.
Ingevolge die toepaslike bepalings van OAB se akte van oprigting, tree direkteure uit wat die langste aaneenlopende tyd op die direksie gedien het.
Mnr FJD de Klerk sal gevolglik in sy hoedanigheid as direkteur van OAB tydens die algemene jaarvergadering ooreenkomstig die rotasiebeleid uittree. Mnr JA Venter, wat as direkteur in die plek van mnr JJ van Staden, wat gedurende 2023 as direkteur bedank het, gekoöpteer is, se termyn verstryk ook tydens die algemene jaarvergadering. Mnre De Klerk en Venter het hulself herkiesbaar gestel.
Nominasies vir die vulling van die twee vakature is aangevra en geldige nominasies is vir mev IM Roets en mnre De Klerk en PS Krige ontvang, wat as direkteure deur aandeelhouers verkies kan word.
Mnr FD Joubert, wat as direkteur deur Orania Bestuursdienste (Eiendoms) Beperk (OBD) aangestel is tree ook ooreenkomstig die rotasiebeleid uit, maar het homself nie weer herkiesbaar gestel nie. OBD sal tydens die algemene jaarvergadering ’n direkteur in die plek van mnr Joubert aanwys.
U kan reeds vooraf vir direkteure stem. Hierdie stemme is nie geheime stemme nie en posstembriewe moet deur die betrokke aandeelhouer onderteken word, en voor of op Woensdag, 10 September 2025 om 15:30 by die Orania Poskantoor in die stembus geplaas of per e-pos aan oraniastem@gmail.com gestuur word. Indien u meer as een aandeleblok besit, moet u vir elke aandeleblok ’n afsonderlike stembrief voltooi en duidelik merk wat die aandelebloknommer is.
Indien u verkies om ’n geheime stem uit te bring, kan u dit steeds by die algemene jaarvergadering doen. Indien u vooraf sou stem kan u steeds volmag aan ’n persoon gee om namens u die algemene jaarvergadering by te woon.
Een derde van die Orania Regspaneel (paneel) moet jaarliks uittree, maar kan hulself weer herkiesbaar stel. Lede van die paneel word tydens die algemene jaarvergadering van aandeelhouers verkies of herkies.
Die volgende persone dien tans op die paneel:
Sedert 2022
Mnr APG van Zyl
Mnr W Westraad
Mev M Kleynhans (in die plek van mnr A Oosthuizen verkies)
Mnr H Oosthuizen (in die plek van mnr J Middel gekoöpteer)
Sedert 2023
Mev C Bredenhann
Mnr G Schutte (in die plek van mnr J Kemp gekoöpteer)
Mnr J Putter
Mev S Joerning (oorlede)
Sedert 2024
Mev H Conradie
Ds SA Roets Snr
Mev N Basson
Mev S Muller
Vluytjeskraal 272-aanstelling
Mnr J Beyers
Weens die rotasiebasis, tree die volgende persone tydens die algemene jaarvergadering van 2025 uit:
Mnr APG van Zyl, wat homself herkiesbaar gestel het.
Mnr W Westraad, wat homself herkiesbaar gestel het.
Mev M Kleynhans, wat haarself herkiesbaar gestel het.
Mnr H Oosthuizen, wat homself herkiesbaar gestel het.
Daar bestaan dus vyf vakature (waarvan een ontstaan het as gevolg van mev Joerning wat oorlede is en vir die tydperk tot die algemene jaarvergadering van 2026 gevul moet word).
Geldige nominasies is vir die volgende persone ontvang wat tydens die algemene jaarvergadering heraangestel sal word:
Mev M Kleynhans
Mnr APG van Zyl
Mnr W Westraad
U kan op die onderstaande skakels klik om die volgende dokumente af te laai:
• Kennisgewing –
https://myorania.com/kennisgewing.pdf
• Volmagvorm
– https://myorania.com/volmagvorm.pdf
• Posstembrief
– https://myorania.com/posstem-direksie.pdf
• Gekonsolideerde finansiële state van OAB – https://myorania.com/bylaag-c-gekonsolideerde-finansiele-state-van-oab.pdf
• Finansiële state van OAB
– https://myorania.com/bylaag-d-finansiele-state-van-oab.pdf
• Finansiële state van Orania Infrastruktuur (Edms) Bpk – https://myorania.com/bylaag-e-finansiele-state-van-orania-infrastruktuur.pdf
• Finansiële state van Orania Veiligheidsdienste (Edms) Bpk – https://myorania.com/bylaag-f-ovd-finansiele-state-2024.pdf
• Finansiële state van Orasol (Edms) Bpk – https://myorania.com/bylaag-g-orasol-finansiele-state-2024.pdf
Aangesien die kantoor nie enige punte vir bespreking van die aandeelhouers ontvang het nie, sal daar nie vanjaar ’n algemene vergadering plaasvind nie.
Die onafhanklike komitee wat belas is met die fasilitering van die verkiesingsproses bestaan uit lede van Orania se Rekenmeestersforum.
Laastens wil ons u hartlik uitnooi om direk na afloop van die algemene jaarvergadering ʼn komplimentêre ligte ete saam met die direksie te geniet.
Ons sien daarna uit om u by die vergadering te ontmoet.
Orania groete,
Jacques van Wyk
Maatskappysekretaris
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…