084/2025
25 April 2025
Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
ORANIA SE TOEGANSHEKKE IN DIE AAND
Opsomming: Die toegangshekke aan beide kante van die R369 by die hoof-ingang tot die dorp, asook by die Servituutpad, moet in die aand toegehou word.
Orania Veiligheidsdienste (OVD) wil Oraniërs hiermee daaraan herinner dat die toegangshekke ‘n kritieke rol speel in die beveiliging van die dorp. Al word die hekke op hierdie stadium nie snags gesluit nie, is dit baie belangrik dat dit toegemaak word, want die personeel in die beheerkamer kan dan maklik mense identifiseer wat die hekke fisies oopstoot.
Die hekke is ook vir wetlike doeleindes nuttig, want dit maak dit makliker om die betreding van privaat eiendom (soos Orania) te definieer en suksesvol af te dwing.
Die Dorpsraad se afdeling Gemeenskapsdienste poog om die hekke goed in stand te hou en die oop- en toemaakproses so geruisloos moontlik te laat verloop, sodat inwoners daar naby nie gesteur word nie.
Alle inwoners word dus versoek om asseblief die hekke toe te maak indien hulle gedurende die nag – tussen 22:00 en 05:00 – daardeur beweeg. Indien u ’n hek gedurende hierdie tyd oop aantref, sal dit opreg waardeer word as u dit weer toemaak.
U samewerking in hierdie verband word hoog op prys gestel.
Vriendelike groete,
Ettiene De Lange
Hoof : OVS
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…