080/2025

ORANJERIVIER SE WATERVLAK HET BEGIN STYG

Uitgereik op: 15 April 2025
Orania Veiligheidsdienste
Vlak 1 - Groen

0

ORANJERIVIER SE WATERVLAK HET BEGIN STYG

080/2025

15 April 2025

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

ORANJERIVIER SE WATERVLAK HET BEGIN STYG

Opsomming: Die Oranjerivier se watervlakke by Orania het begin styg en dit is dus gevaarliker as gewoonlik, maar Sandbaai is steeds oop vir die publiek.

Neem asseblief kennis daarvan dat die Oranjerivier se vlakke die afgelope paar dae by Orania toegeneem het. Hierdie verhoogde vloei is as gevolg van die hidroturbines by die Vanderkloofdam wat tans meer water deurlaat as wat gewoonlik die geval is. Dit het tot gevolg dat die watervloei tans ongeveer 400 kubieke meter per sekonde (kumek) is. Volgens terugvoer vanaf Departement Waterwese behoort hierdie vloei voort te duur vir die volgende week of twee.

Indien die Vanderkloofdam 100% kapasiteit bereik en begin oorloop, sal die riviervlakke dienooreenkomstig hier by Orania styg. Die 100% vlak kan volgens die huidige vloei in die stelsel moontlik teen 20 April 2025 bereik word, alhoewel invloei in die Oranjerivier stroom-op reeds weer begin afneem het.

Die watervlakke van die damme, asook die rivier, word deurlopend deur die Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS) dopgehou en die gemeenskap sal in kennis gestel word sodra die vlakke sodanig verander dat Sandbaai en toegang tot die rivier vanweë veiligheidsredes gesluit moet word.

Ons versoek die gemeenskap om met die verhoogde riviervlakke versigtig te wees. Daar is tans sterk strome en maalkolke in die rivier en word dit as baie gevaarlik beskou.

Groete,

GOS Voorsitter

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/

Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

087/2025
(Uitgereik op: 29 April, 2025)
Inligting en Skakeling
086/2025
(Uitgereik op: 28 April, 2025)
Inligting en Skakeling
085/2025
(Uitgereik op: 25 April, 2025)
Gemeenskapsdienste
084/2025
(Uitgereik op: 25 April, 2025)
Orania Veiligheidsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
May
Thursday 1 May, 2025
- 3 May, 2025
Algemeen
2
May
Friday 2 May, 2025
8
May
Thursday 8 May, 2025
- 10 May, 2025
6:00 pm
9
May
Friday 9 May, 2025
- 9 February, 2025
4:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…