109/2025

REËLINGS EN PROGRAM VIR ORANIA KARNAVAL 2025

Uitgereik op: 5 June 2025
Gemeenskapsdienste

0

REËLINGS EN PROGRAM VIR ORANIA KARNAVAL 2025

109/2025

5 Junie 2025

Beste inwoners, uitwoners en vriende van Orania,

REËLINGS EN PROGRAM VIR ORANIA KARNAVAL 2025

Opsomming: Hierdie kennisgewing deel sekere besonderhede van Orania Karnaval 2025, insluitend die program en hoe belangstellendes ’n stalletjie kan bespreek.

Die hoogtepunt op Orania se jaarlikse sosiale kalender, die Karnaval, kom vinnig nader! Dit is geskeduleer om hierdie jaar op 10 en 11 Oktober plaas te vind en ons wil graag hiermee solank meer besonderhede daaroor begin deel.

Ons is opgewonde om aan te kondig dat, reeds vir die derde jaar in ’n ry, uitstalkostes nie verhoog is nie en dat toegang tot die Karnaval op Vrydag 10 Oktober weer heeltemal gratis sal wees.

Ons het ’n paar groot items wat op die Vrydag aangebied gaan word, insluitend ’n optrede deur Ruhan du Toit, wie se liedjie “Monumentaal” gepas sal wees saam met die beplande onthulling daardie dag van die Pres. Kruger-replika-standbeeld, op presies die 200ste herdenking van sy geboortedag. Daarbenewens is daar ook dinge soos die vlotoptog, ‘n dansvertoning, toutrek en die OKeR Heldekonsert. Al is toegang die Vrydag gratis, kan die Karnaval dus, as gevolg van sulke belangrike gebeure op daardie dag, moontlik die grootste bywoning ooit vir enige geleentheid in Orania se geskiedenis hê, so dis die beste waarde denkbaar!

Saterdag se program is ook propvol hoogtepunte met onder andere goed soos Sterkman, Friesperde en radikale motorfietstoertjies wat nog nooit vantevore in Orania gesien is nie.

Die volledige program vir Orania Karnaval 2025 is beskikbaar op die volgende skakel: $ https://oraniakarnaval.co.za/program/$

Alles is daarop gemik om soveel as moontlik mense deur die hekke te kry, sodat uitstallers die maksimum blootstelling en voordeel uit hul deelname kan verkry. Indien u belangstel om ’n stalletjie by die Karnaval te bespreek, versoek ons u vriendelik om asseblief die aansoekvorm op die Karnaval-webwerf in te vul ($ https://oraniakarnaval.co.za/stalletjie-besprekingsvorm/)$ . Sodra die aansoek goedgekeur is, sal ons u van ons kant af kontak om reëlings vir betaling te tref. Let asseblief daarop dat stalletjies eers as bespreek beskou word nadat betaling ontvang is, om probleme soos onbetaalde laat kansellasies te voorkom.

Ons sien baie uit daarna om elkeen van u weer te sien by die Orania Karnaval 2025.

Karnavalgroete,

Arno Lambrechts
Karnavalmeester

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

023/2026
(Uitgereik op: 6 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
022/2026
(Uitgereik op: 5 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
021/2026
(Uitgereik op: 23 February, 2026)
Uitvoerende Hoof
020/2026
(Uitgereik op: 20 February, 2026)
Outomatisering en Digitalisering

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am
15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…