116/2025
16 Junie 2025
Geagte Oraniërs,
SANRAL WERK VANAF MÔRE AAN DIE KRUISING VAN DIE R369 MET DIE SERVITUUTPAD
Opsomming : SANRAL sal vanaf Dinsdag, 17 Junie, verbeterings aanbring aan die afdraai vanaf die R369 na die Servituutpad. Daar behoort meestal steeds toegang vir verkeer te wees, maar inwoners word aangeraai om die area te vermy indien moontlik.
Mense sal onthou dat ons afdeling Ingenieursdienste beplan om die Servituutpad – vanaf die R369 tot by die Eureka-kruising – later vanjaar op te gradeer met ’n teeroppervlak. SANRAL gaan vanaf môre die padreserwe langs die R369 opgradeer, waar ons toekomstige teerpad sal aansluit.
Hoewel SANRAL beplan om nie die pad volledig toe te maak nie en om altyd voorsiening vir verkeersvloei te maak, raai ons inwoners aan om, indien moontlik, eerder van die hoofkruising gebruik te maak.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…