Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
VIDIDEX GROND IS GOEDGEKEUR VIR VERDERE ONTWIKKELING
Opsomming : Omgewings-goedkeuring is toegestaan vir verdere ontwikkeling in die groot oop gebied Oos van Kleingeluk (bekend as Vididex) en belangstellendes kan kennis neem van die proses daaromtrent.
Na meer as ‘n jaar se konsultasie met die Suid Afrikaanse regering se Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, en hulle oorweging van Orania se gedetaileerde omgewingsimpak analises ens, is ons bly om inwoners in kennis te stel dat die amptelike Omgewings-goedkeuring vir die verdere ontwikkeling van die Vididex grond (ten Ooste van die huidige dorp Orania, in die rigting van die oksidasiedamme) toegestaan is.
Daar is nog enkele formaliteite in die huidige stadium van hierdie projek wat oor die volgende weke afgehandel moet word, maar ons sien uit daarna om weldra die volgende stappe in hierdie opwindende nuwe ontwikkeling met u te deel. Intussen is inwoners welkom om reëlings te tref om die aansoek en goedkeuring by die Dorpsraad te besigtig, of om opmerkings daaroor te maak, deur die volgende skakel te volg :
Vriendelike groete,
Cobus Pretoriu
Hoof : Beplanning en Grondgebruik
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…