083/2025

VLOEDRISIKOVLAK BY ORANIA WORD NA GEEL VERHOOG

Uitgereik op: 24 April 2025
Orania Veiligheidsdienste

0

VLOEDRISIKOVLAK BY ORANIA WORD NA GEEL VERHOOG

24 April 2025

Geagte Aandeelhouers,

VLOEDRISIKOVLAK BY ORANIA WORD NA GEEL VERHOOG

Opsomming: Die GOS het die vloedrisikovlak in die Oranjerivier by Orania na GEEL verhoog.

Ons kennisgewing 080/2025 op 15 April 2025 met titel “Oranjerivier se watervlak het begin styg”, verwys.

Die Vanderkloofdam het sedertdien sy oorloopvlak van 100% bereik en staan tans op 105.3%. Dit het tot gevolg dat die huidige vloei in die rivier om en by 1000 kumek is. Die Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS) het die besluit geneem dat die vloedrisikovlakke na vlak Geel verhoog en dat geen wateraktiwiteite meer op die rivier beoefen word nie, maar met vergunning dat Sandbaai en die rivieroewer nog nie gesluit word nie.

Vloedrisikovlakke
Die volgende vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke.
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier).
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geĆÆdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid).
Vlak ROOI: alle persone in geĆÆdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd.

Sou die rivier se watervlakke skerp styg sal die GOS die rivieroewer en Sandbaai sluit en sal die gemeenskap dienooreenkomstig in kennis gestel word.

Ons benadruk weer dat daar tans sterk strome en maalkolke in die rivier is, en word dit as baie gevaarlik beskou, en versoek ons die gemeenskap om met die verhoogde riviervlakke baie versigtig te wees.

Groete,

GOS Voorsitter

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

109/2026
(Uitgereik op: 26 August, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
108/2026
(Uitgereik op: 26 August, 2026)
Algemeen
107/2026
(Uitgereik op: 26 August, 2026)
Ingenieursdiente
106/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Korporatiewe Dienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am
18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls