18 Desember 2025
Geagte Oraniërs,
VOLGENS WETGEWING WORD GEEN VUURWERKE IN ORANIA TOEGELAAT SONDER SPESIFIEKE GOEDKEURING NIE
Ingevolge Artikel 15(1) van die Wet op Plofstowwe (Wet 15 van 2003) word die handel, besit en gebruik van plofstowwe sonder die nodige permit verbied (vuurwerke word hierin ook as plofstowwe beskou). Die afvuur van vuurwerke is dus ook in Orania onwettig sonder die vereiste amptelike goedkeuring.
Inwoners kan die Dorpskantoor skakel op 053 207 0063, om met die Grondgebruik Bestuurskomitee (GGBK) hieroor in verbinding te tree. Hulle sal dan, indien nodig, die goedgekeurde gebruik van vuurwerke met OVD koördineer.
Oraniërs word verder versoek om asseblief oor die algemeen ander inwoners en besoekers in ag te neem, veral wat geraas betref. Ons ontvang gereeld hierdie tyd van die jaar klagtes oor onder andere harde musiek ná 22:00 in die aande. Ons versoek almal vriendelik om daarop bedag te wees dat hul optrede nie ander mense onnodig verontrief nie.
Vriendelike groete,
Ettiene De Lange
Hoof : OVD
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…