Ek is goed ingelig oor jul beleid oor dwelmgebruik in Orania, en ek wil juis nie hierdie opmerking daarop rig nie.
Wat ek dus oor vra is wat jul dink oor die hemp plant en die kweek en aanplanting daarvan vir die maak van konstruksiemateriaal en klere ens.? Ek glo julle mis uit op 'n grootskaalse industrie wat kan ontstaan.
Die aanplant en verbouing van sekere kultivars āhempā waarvan die THC-inhoud sodanig laag is dat dit nie vatbaar of bruikbaar vir dwelm-verwante aktiwiteite is nie, behoort nie ān probleem te wees nie. Dit is egter nie ān āgrootskaalse industrieā wat vir die Dorpsraad kan ontstaan nie, maar moontlik iets vir die privaat sektor. Indien daar wel vanuit die privaat sektor ān behoefte daaraan is, sal dit wel nodig wees om vooraf sodanige behoefte en kultivar met die Grondgebruikbestuurskomitee (GGBK) te bevestig. Daar is nie binne OAB-gebied noodwendig genoeg landbougrond vir sodanige āgrootskaalse industrieā nie, so dit mag moontlik ook ān vraagstuk vir ān ander grondentiteit wees.
Nietemin, by die toepassing van die reƫls rakende dwelms sal dit nie op vervolging kan uitloop waar vooraf bevestiging van die kultivar met baie lae THC-inhoud met die GGBK opgeneem is nie, met dien verstande dat by die oogmerk van verbouing gehou word. Voorafgaande soos gestel neem egter nie die diskresie van die GGBK weg, soos wat die GGBK steeds ten aansien van enige besigheidsregistrasie het nie.
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…