105/2026
24 Augustus 2026
Geagte Oraniƫrs,
NUWE WEBWERF VIR ORANIA REGSPLEGING
Opsomming : Orania Regspleging se nuwe webwerf is beskikbaar by https://regspleging.co.za/. Inwoners kan hier meer inligting oor Orania Regspleging, sy werksaamhede, begronding en dienste bekom. ān Afsonderlike inwonersportaal word tans finaal afgerond en behoort binnekort beskikbaar te wees.
Orania Regspleging is ān unieke en besondere instelling van Orania wat in diens van geregtigheid ān bydrae tot die gemeenskap lewer en ān voordeel bied wat inwoners van min ander dorpe in Suid-Afrika op dieselfde vlak geniet.
Orania Regspleging het saam met Orania organies gegroei en is vandag steeds ān groeiende instelling. Dit bestaan uit ān Kantoor vir Regspleging wat vir die operasionele bestuur verantwoordelik is; ān Regspaneel wat onafhanklik van die kantoor verkies word en ook onafhanklik funksioneer; en die Orania Regsraad wat ān oorsigtelike en beleidmakende rol vervul.
In ān groeiende gemeenskap moet hulpbronne verantwoordelik bestuur word en daarom word ān proses van organiese en volhoubare groei van ons instellings gevolg. Dienste wat deur Orania Regspleging gelewer word, sluit onder meer die belangrike werk in om goeie orde te handhaaf ā wat ook ān voorwaarde vir beleggersvertroue is ā asook die fasilitering van mediasies in geskille tussen inwoners.
Gedurende 2026, tot aan die einde van Julie, is reeds 93 dissiplinĆŖre klagtes gehanteer en 42 mediasies afgehandel. Ons is veral daarmee beĆÆndruk dat 96,7% van ons mediasies suksesvol afgehandel is, wat beteken dat die betrokke partye ān skikking bereik het. Die uitsonderlike diens wat die Regspaneel hierin lewer, moet met dank beklemtoon word.
As deel van die voortdurende uitbreiding van Orania Regspleging se dienste is ān webwerf ontwikkel waar inwoners relevante inligting en dokumente wat met Orania Regspleging verband hou, kan vind.
Ons is ook besig met die finale afronding van ān portaal waartoe slegs inwoners toegang sal hĆŖ en waarop inligting oor onder meer dissiplinĆŖre verhore en gevalle waar verblyfreg opgehef is, geplaas sal word. Hierdie portaal behoort binnekort beskikbaar te wees.
Inwoners is welkom om https://regspleging.co.za/ te besoek en daar meer oor ons werksaamhede, begronding, vooruitsigte en ander relevante sake te lees.
Die doel is dat hierdie webwerf toenemend tot ān gerieflike dienspunt sal ontwikkel en Orania Regspleging nóg meer toeganklik vir inwoners sal maak.
Vriendelike groete,
Jan van Zyl
Hoof – Regspleging
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…