118/2025
24 Junie 2025
Geagte Oraniƫrs,
HOOFDE VIR ORANIA SE ONAFHANKLIKE REGSPANEEL IS VERKIES
Opsomming : ‘n Hoof en adjunkhoof van Orania se onafhanklike Regspaneel, onderskeidelik mnr. Willem Westraad en ds. Sarel Roets, is onlangs verkies.
Die DissiplinĆŖre Kode van Orania maak voorsiening vir ān nuwe prosedure in die ontwikkeling van ons eie regsprosesse, naamlik dat die Regspaneel ān hoof en ān adjunkhoof moet verkies. Hierdie verkiesing het onlangs plaasgevind en mnr. Willem Westraad is as hoof van die Regspaneel verkies, met ds. Sarel Roets as adjunkhoof.
Die hoof van die Regspaneel tree nie bloot as simboliese hoof van Orania se regsprekende gesag op nie, maar het verskeie verantwoordelikhede in die bestuur van die Regspaneel ā onder andere die samestelling van panele en die neem van bepaalde prosedurele besluite. Hierdie rol dra by tot die verdere uitbouing van die Regspaneel se onafhanklikheid.
In Orania, waar die ideaal van selfbeskikking vir ons baie belangrik is, is dit ān voorreg dat Orania Regspleging ān geleentheid bied vir vir die effektiewe oplossing van onderlinge geskille deur van mediasie of arbitrasie gebruik te maak. Tussen Januarie en einde Mei 2025 is daar byvoorbeeld reeds 35 mediasies gehou, waarvan 27 suksesvol afgehandel is, 6 later deur die applikante self gestaak is en net 2 onsuksesvol was. Hierdie prosedure ā ān āversoenende gesprekā onder leiding van ān onafhanklike bemiddelaar ā toon dus ān besonder hoĆ« sukseskoers.
Regspleging is ook betrokke by die handhawing van goeie orde en die hantering van dissiplinĆŖre sake waar Orania se reĆ«ls oortree word. DissiplinĆŖre verhore vind daarom ook voor die Regspaneel plaas, waar ān proses van natuurlike geregtigheid gevolg word, soos omskryf in Orania se DissiplinĆŖre Kode.
Dus, in mediasies, arbitrasies en dissiplinĆŖre verhore, word lede van die Regspaneel gebruik en hul toewyding dra in groot mate by daartoe dat regspleging in Orania op ān gesonde grondslag geskied. Anders as in Suid-Afrika, waar regsprekers aangewys word deur ān Regterlike Dienskommissie wat hoofsaaklik deur die president van die regerende party beheer word, word Orania se Regspaneel op ān wye, demokratiese wyse verkies deur aandeelhouers en verteenwoordigers van alle grondentiteite. Die Regspaneel funksioneer dan ook volledig onafhanklik van die Dorpskantoor (en dus ook van die aanklaer).
Orania Regspleging as instelling val onder die Orania Regsraad, wat saamgestel is uit verteenwoordigers van al die grondentiteite in Orania. Orania Regspleging het gevolglik jurisdiksie oor die hele Orania, maar funksioneer onafhanklik van ander instellings en entiteite. Die Dorpskantoor voorsien slegs operasionele ondersteuning.
Dit is ān besondere en gewaardeerde mylpaal dat ons regsprosesse sodanig ontwikkel het dat mnr. Westraad en ds. Roets hul onderskeie posisies kan inneem. Dit getuig van die voortgesette ontwikkeling van Orania se eie onafhanklike regsorde. Die kantoor wens hulle hiermee geluk en ons is saam met ons inwoners dankbaar vir die belangrike werk wat die Regspaneel verrig.
Vriendelike groete,
Jan Van Zyl
Hoof : Regspleging
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…