026/2026
11 Maart 2026
Geagte Oraniërs,
ESKOM KRAGONDERBREKING
Opsomming : Daar sal volgende Donderdag ‘n lang kragonderbreking vanaf Eskom wees, maar as alle inwoners krag spaarsamig gebruik, behoort die battery en sonplaas aan Orania se behoeftes te kan voldoen (afhangend van hoe bewolk dit gaan wees).
Ons wil inwoners graag solank vroegtydig waarsku dat almal asseblief volgende Donderdag, 19 Maart, elektrisiteit spaarsamig moet gebruik.
Die rede daarvoor is dat Orasol laat weet het dat Eskom op daardie dag vanaf 04:30 tot 18:00 geen elektrisiteit aan Orania gaan verskaf nie, wat sal beteken dat ons volledig afhanklik gaan wees van die sonplaas en die battery. Op ’n gewone sonskyndag produseer die sonplaas genoeg krag om aan die hele dorp se behoeftes te voorsien en ook die battery te laai, maar ongelukkig dui die weervoorspelling op hierdie stadium aan dat dit redelik bewolk gaan wees, wat moontlik kragtekorte kan veroorsaak.
Alle Oraniërs word dus versoek om veral in die oggend, voordat die son opkom (wat eers om 06:18 gaan gebeur), so min as moontlik elektrisiteit te gebruik, maar ook deur die dag spaarsamig te wees omdat dit waarskynlik bewolk gaan wees.
Daar was vantevore ook al soortgelyke gevalle en die gemeenskap het uitstekend saamgewerk sodat almal die voordeel kon trek dat geen algemene kragonderbreking voorgekom het nie. Ons glo dus dat dit weer hierdie keer dieselfde sal wees. Baie dankie daarvoor!
Orasol sal waarskynlik nader aan die tyd weer verdere besonderhede oor hierdie kragonderbreking aan die gemeenskap kommunikeer.
Enige vrae hieroor kan na die kontakbesonderhede onder aan hierdie boodskap gestuur word, sodat dit onder Orasol se aandag gebring kan word.
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Hoof : Inligting en Skakeling
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…