055/2026
28 APRIL 2026
Geagte Oraniërs,
HEELWAT BESOEKERS IN DIE DORP VIR DIE ORANIA VASBYT
Opsomming : Die jaarlikse Orania Vasbyt (ten bate van Helpmekaar) vind eerskomende Donderdag tot Saterdag plaas, dus sal daar heelwat besoekers en aktiwiteite in die dorp wees.
Inwoners sal opmerk dat daar vir die res van die week heelwat besoekers in die dorp sal wees en dat sekere aktiwiteite in Orania se strate sal plaasvind.
Die rede hiervoor is dat die jaarlikse Orania Vasbyt, wat ten bate van Helpmekaar aangebied word, hierdie week plaasvind. Dit duur van Donderdag tot Saterdag. Die meeste aktiwiteite sal by die tent op die sportgronde plaasvind, maar daar sal ook Donderdagaand ’n dorpsdraf in die dorp self wees. Die grootste gedeelte van die Vasbyt self gebeur egter op landbougronde rondom die dorp.
Inwoners word uitgenooi om die goeie atmosfeer van die geleentheid in die tent te geniet, selfs al neem hulle nie self aan die Vasbyt deel nie. En natuurlik weet ons ook dat besoekers met Oraniërs se gewone vriendelike gasvryheid in die hele dorp ontvang sal word.
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Dorpsraad – Kommunikasiebeampte
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik:🔗https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…