029/2026
13 Maart 2026
Geagte Oraniërs,
OPENBARE GESPREKSGELEENTHEID MET OAB DIREKSIE OP 16 MAART 2026 (KLEINGELUK)
Opsomming : Daar sal eerskomende Maandag, 16 Maart, om 17:15 (tot ongeveer 19:00) ’n openbare gespreksgeleentheid met die OAB-direksie wees in die NG Kerk Orania.
Die Orania Dorpsraad skep gereeld geleenthede vir die onderskeie wyke van die dorp om persoonlik met die direksie van die Orania Aandeleblok (OAB) te skakel, en die volgende sulke geleentheid vind op 16 Maart 2026 plaas.
Dié gesprekke dien as ’n geleentheid vir die direksie om die gemeenskap se behoeftes aan te hoor en beter te verstaan. Daar word graag persoonlik met inwoners ontmoet, sodat daar direkte kommunikasie tussen die direksie en mede-Oraniërs is, en insette uit die gemeenskap is altyd baie welkom.
Alhoewel alle Oraniërs welkom is, nooi die direksie in die besonder hierdie keer inwoners van Kleingeluk uit na die gespreksgeleentheid tussen 17:15 en ongeveer 19:00 in die gebou van die NG Kerk Orania.
Ons ontvang u graag daar.
Vriendelik, die uwe
Gawie Snyman
Dorpsbestuurder
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…