031/2026
18 Maart 2026
Geagte Oraniërs,
HERINNERING – ESKOM KRAGONDERBREKING MÔRE (DONDERDAG 19 MAART)
Opsomming : Ons wil inwoners graag herinner daaraan dat Eskom môre vir die grootste gedeelte van die dag nie enige krag aan Orania gaan verskaf nie, so inwoners word versoek om veral in die oggend spaarsamig met elektriese gebruik te wees.
Soos laas week in kennisgewing 026/2026 genoem is, gaan Eskom môre vanaf 04:30 tot 18:00 geen elektrisiteit aan Orania verskaf nie, wat sal beteken dat ons volledig afhanklik gaan wees van die sonplaas en die battery.
Op ’n gewone sonskyndag produseer die sonplaas vanaf omtrent 9 uur soggens genoeg krag om aan die hele dorp se behoeftes te voorsien en ook die battery te laai, maar volgens die weervoorspelling gaan dit môre gedeeltelik bewolk wees, wat moontlik kragtekorte kan veroorsaak. Inwoners moet dus asb tot minstens 9 uur spaarsamig te werk gaan met elektriese gebruik, en, indien dit bewolk is en die sonplaas dus nie op volle kapasiteit kan werk nie, ook die res van die dag daarmee volhou.
Van die grootste kragverbruikers in die dorp, die pompstasies van die Dorpsraad en van 272, het reeds aangedui dat hulle ook sal saamwerk deur nie te pomp tydens die tye wanneer die battery en sonplaas onder baie druk gaan wees nie. Inwoners moet dus daarop let dat daar ‘n klein moontlikheid is dat daar ook tydelike watertekorte kan voorkom.
Enige vrae hieroor kan na die kontakbesonderhede onder aan hierdie boodskap gestuur word, sodat dit onder Orasol se aandag gebring kan word.
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Hoof : Inligting en Skakeling
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…