033/2026

UITNODIGING OM OP DIE VERBLYFREGPANEEL TE DIEN

Uitgereik op: 24 March 2026
Uitvoerende Hoof

0

UITNODIGING OM OP DIE VERBLYFREGPANEEL TE DIEN

033/2026

24 Maart 2026

Geagte Oraniërs,

UITNODIGING OM OP DIE VERBLYFREGPANEEL TE DIEN

Opsomming : Inwoners word uitgenooi om hulself voor of op 8 April beskikbaar te stel om te dien op die Verblyfregpaneel.

Orania se verblyfregproses sluit in dat aansoeke voor ’n Verblyfregpaneel dien en waartydens die aansoek van voornemende aansoekers aan die hand van die beleid soos op Verblyfreg van toepassing oorweeg word. Lede van die Verblyfregpaneel vervul ’n belangrike rol in die vestiging van ’n volhoubare en gesonde gemeenskap. Alhoewel die Kantoor vir Verblyfreg aansoeke administratief verwerk berus die besluit om aansoeke goed of af te keur hoofsaaklik by lede van die gemeenskap. Daar rus dus ’n groot verantwoordelikheid op elkeen wat hierdie rol vervul.

Die Verblyfregpaneel word saamgestel uit inwoners van Orania wat graag op ’n vrywillige basis in hul diens in die Verblyfregproses ’n bydrae tot Orania se selfstandigheid en groei wil lewer. Die Verblyfregbeleidkomitee (VBK) het sekere vereistes vir sodanige lede van die paneel gestel, soos onder andere dat hierdie persone die Drie-Enige God as enigste Here moet bely, oor Verblyfreg moet beskik, in Orania woonagtig moet wees, ten minste by nog een Orania instelling betrokke moet wees en weer oriëntering moet bywoon indien dit nie die afgelope drie jaar bygewoon is nie.

Dit is soms nodig dat die bestaande paneel, wat besonderse goeie diens aan die gemeenskap lewer, met bykomende Oraniërs aangevul word. Lede van die gemeenskap wat belangstel om op die Verblyfregpaneel te dien word derhalwe graag genooi om voor of op 8 April 2026 hul name aan Maritza du Plessis by verblyfreg@myorania.co.za deur te gee.

Die VBK sal daaropvolgend ’n kortlys van persone saamstel met wie ’n aanstelling op die paneel bespreek sal word. Neem gerus kennis dat Verblyfreg onderhoude met nuwe aansoekers gewoonlik op Vrydae oggende geskied en dat opleiding en bystand aan alle paneellede verskaf sal word. Paneellede wissel mekaar af en is dit nie nodig dat lede elke week met die onderhoude bystand hoef te lewer nie.

Indien daar enige navrae is, kan u my gerus by jan@myorania.co.za kontak.

Vriendelike groete,

Jan van Zyl
Hoof : Verblyfreg

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Maps Calender Kategorie Select Filter

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

055/2026
(Uitgereik op: 28 April, 2026)
Inligting en Skakeling
054/2026
(Uitgereik op: 28 April, 2026)
Ingenieursdiente
053/2026
(Uitgereik op: 27 April, 2026)
Uitvoerende Hoof
052/2026
(Uitgereik op: 27 April, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…