075/2026

NUWE DRANKREËLS IS DEUR DIE OAB-DIREKSIE AANVAAR EN IN WERKING GESTEL

Uitgereik op: 15 June 2026
Beplanning en Grondgebruik

0

NUWE DRANKREËLS IS DEUR DIE OAB-DIREKSIE AANVAAR EN IN WERKING GESTEL

075/2026

15 Junie 2026

Geagte Oraniërs,

NUWE DRANKREËLS IS DEUR DIE OAB-DIREKSIE AANVAAR EN IN WERKING GESTEL

Opsomming : Na ’n uitgebreide proses wat ongeveer ’n jaar geduur het en waartydens soveel moontlik inwoners en rolspelers betrek is, is nuwe drankreëls vir OAB goedgekeur en in werking gestel.

Inwoners sal onthou dat daar reeds vir ’n geruime tyd gewerk word aan nuwe drankreëls vir die Orania Aandeleblok (OAB)-grondgebied. Aanvanklik (ongeveer ’n jaar gelede) is ’n stel konsepreëls deur die Dorpsraad opgestel en aan die Sakekamer voorgelê vir insette. Daarna is dit eers deur die Grondgebruikbestuurskomitee (GGBK) en toe die OAB-direksie oorweeg, waarna dit in Oktober 2025 aan ’n publieke deelnameproses onderwerp is (sien kennisgewing 186/2025). Nadat insette uit daardie proses oorweeg en verwerk is, is ’n reeks werkswinkels gehou tussen die Dorpsraad en rolspelers in Orania se drankbedryf (dranklisensiehouers, ens.), waartydens die reëls weer in diepte bespreek en enkele verdere wysigings aangebring is.

Na afloop van hierdie uitgebreide proses, waartydens die insette van soveel moontlik Oraniërs ingewin, oorweeg en, waar van toepassing, ingesluit is, het ons groot vertroue dat die nuwe reëls sinvol is en ’n goeie weerspieëling bied van hoe ons gemeenskap graag die drankbedryf in Orania wettiglik gereguleer wil sien. Die nuwe reëls het verder ook gesorg daarvoor dat Orania met nuwe drankwetgewing (soos saamgelees met onlangse hofgesag wat daarmee verband hou) belyn is, terwyl die kommer van baie inwoners rakende sluitingstye en oormatige drankgebruik ook na wense aangespreek is.

Die OAB-direksie het die nuwe reëls daarom op 3 Junie 2026 amptelik aanvaar en in werking gestel.

Die nuwe drankreëls kan besigtig of afgelaai word deur die volgende skakel te volg en te soek vir “Drankreëls” – https://myorania.co.za/dokumente/

Vriendelike groete,

Cobus Pretorius
Hoof : Beplanning en Grondgebruik

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

096/2026
(Uitgereik op: 22 July, 2026)
Inligting en Skakeling
095/2026
(Uitgereik op: 21 July, 2026)
Uitvoerende Hoof
094/2026
(Uitgereik op: 14 July, 2026)
Ingenieursdiente
093/2026
(Uitgereik op: 10 July, 2026)
Uitvoerende Hoof

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

3
Aug
Monday 3 August, 2026
- 7 August, 2026
1:00 pm
8
Aug
Saturday 8 August, 2026
- 8 August, 2026
3:00 pm
12
Aug
Wednesday 12 August, 2026
- 12 August, 2026
9:00 am
28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…