079/2026
19 Junie 2026
Geagte Oraniërs,
UITSLAG VAN GEMEENSKAPSMENINGSOPNAME KAN AFGELAAI WORD
*Opsomming : Die uitslag van 2026 se Orania-gemeenskapsmeningsopname, wat gister bekend gemaak is, kan ook vanaf die Dorpsraad se webwerf afgelaai word.*
Inwoners is bewus daarvan dat die jaarlikse meningsopname, waarin Oraniërs se sentiment oor ‘n groot verskeidenheid onderwerpe gemeet word, gister bekend gemaak is. Enige belangstellendes kan dit nou ook aflaai vanaf die Dorpsraad se webwerf, waar dit in vier verskillende formate beskikbaar is (volg net die volgende skakel om by die dokumente uit te kom: https://myorania.co.za/dokumente/), naamlik:
1. Die opsommende skyfievertoning wat gisteraand aangebied is – sluit die statistiese geloofwaardigheid van die opname en hoogtepunte van die uitslae in.
2. ‘n Grafiese opsomming van elke vraag se uitslag – ‘n maklike manier om die uitslae te sien sonder om dit eers self te hoef verwerk.
3. ‘n 1-Bladsy vergelyking tussen die uitslae van die 2022-, 2025- en 2026-opnames – om tendense in sentiment te bepaal.
4. Die volledige “rou” data van die opname, insluitend opsommings van die ongeveer 2000 opmerkings wat deur respondente gemaak is.
Daar is te veel inligting uit die opname verkry om naastenby alles hier te noem, maar enkele van die hoogtepunte is die volgende:
Inwoners van Orania is oorwegend sterk positief oor alle aspekte van ons dorp, met selfs die laagste tellings wat steeds gemiddeld hoër as 6.5/10 is. Daar is ook deurgaans ‘n positiewe tendens in sentiment, aangesien respondente tussen 2022 en 2026 positiewer geword het oor bykans alle aspekte wat gemeet is.
• Op die vraag of mense dink hulle gaan nog lank in Orania bly, is die gemiddelde punt 8/10.
• Die waarskynlikheid dat inwoners Amerikaanse vlugtelingstatus sal aanvaar, kry slegs 2.2/10 (en slegs ongeveer 5% tot 6% van inwoners dui aan dat hulle dit ernstig oorweeg).
• Ingenieursdienste (dinge soos paaie, water, elektrisiteit, riolering ens) kry 8.3/10.
• Gemeenskapsdienste (dinge soos parke, sportgronde, visdam, begraafplaas, biblioteek ens) kry 8.2/10, insluitend die hoogste telling van almal, naamlik die dorpswembad wat 9.2/10 kry.
• Die Dorpsraad se algehele sukses met die lewering van munisipale funksies kry 8.1/10.
• Inwoners se gemiddelde geestelike gesondheid (of hulle Jesus se vrede en vreugde daagliks in hulle lewens ervaar) kry 9.1/10.
• Inwoners se gevoel van veiligheid is ook baie sterk, met ‘n gemiddelde punt van 9.3/10 vir hoe gemaklik hulle daarmee is om enige tyd van die dag alleen in die strate te loop.
Indien daar vrae is oor die meningsopname, of indien belangstellendes dalk sukkel om die dokumente vanaf die webwerf af te laai, kan ‘n e-pos na burger@myorania.co.za gestuur word.
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Orania Dorpsraad – Kommunikasiebestuurder
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…