082/2026
29 Junie 2026
Geagte Oraniërs,
STORTINGSTERREIN : ALLEENREG TOT HERWINNING
Opsomming : Oraniërs kan aansoek doen om alleenreg te bekom om herwinning op die stortingsterrein te doen. Registreer gerus vir ‘n inligtingsvergadering hieroor wat op 3 Julie om 11:00 by die Dorpskantoor gehou sal word.
Die Dorpsraad bied weer aan enige belangstellendes die geleentheid om ‘n aanbod te maak vir alleenreg om herwinbare materiaal vanaf die stortingsterrein te herwin.
‘n Inligtingsvergadering sal op Vrydag 3 Julie om 11:00 by die Dorpskantoor plaasvind. Om te verseker dat ons voldoende afskrifte van die dokumentasie vir die vergadering beskikbaar het, moet bywoning asseblief voor Donderdag 2 Julie om 12:00 bevestig word. Gebruik asseblief Andre van Heerden se kontakbesonderhede wat hieronder verskaf word.
Dis belangrik om kennis te neem van die volgende:
• Die publiek sal steeds (soos tans) vrye toegang tot die perseel hê tydens besigheidsure en ook geregtig wees om enige bruikbare items vanaf die stortingsterrein te neem. Dit sal slegs die gewone herwinbare materiaal (glas, plastiek, karton en metaal) op die afvalhoop wees wat ons graag vir die suksesvolle privaat persoon of besigheid wil reserve
• Die Dorpsraad se herwinningsprogram gaan voort soos normaal.
Kontak gerus vir Andre van Heerden by andre@myorania.co.za of skakel 053 207 0063 met enige verdere navrae.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…