084/2026
2 Julie 2026
Geagte Oraniërs,
AFLEWERINGS VAN BUITE IN ORANIA
Opsomming : Die OAB-direksie bevestig dat aflewerings vanuit Suid-Afrika by woonadresse in Orania gemaak kan word, maar dat werksadresse of Die Bondeltjie dikwels ‘n beter opsie is.
Die OAB-direksie het weer die onderwerp van aflewerings wat deur byvoorbeeld koeriermaatskappye vanuit Suid-Afrika in Orania gemaak word, bespreek en wil graag die volgende punte daaromtrent met inwoners deel.
1) Daar is geen beletsel daarteen om aflewerings by woonadresse te ontvang nie. Inwoners kan dus met vrymoedigheid hul huisadresse vir aflewerings gebruik.
2) Werkende inwoners word egter aangeraai om óf hul werksadres óf Die Bondeltjie se adres (Sandsteenstraat N35C, Orania, 8752 – tel. nr. 053 574 7004) te gebruik. Dit help om te verseker dat afleweraars slegs ‘n kort tydjie in die dorp is, omdat:
a. daar iemand behoort te wees om die aflewering dadelik te ontvang; en
b. koeriers dan nie in die dorp hoef rond te ry om woonadresse te soek nie.
Onthou ook asseblief dat aflewerings nie verdere arbeid (soos byvoorbeeld die aanmekaarsit of installering van goedere) moet insluit nie, tensy ‘n arbeidspaneel die spesifieke saak vooraf oorweeg het nie.
Orania groete,
OAB-direksie
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…